Dis nou jóú Beurt!

Stephen en Franklik Covey verstaan die kuns om mense aan te spoor tot meer effektiwiteit. Een van die tegnieke om empatieke luistervaardighede aan te leer is om die verteller nie in die rede te val as hy “The Talking Stick” in sy hand vashou nie!

Maar wat het dit met twee kommunikasie kundiges, twee aptekers, ‘n sielkundige, ‘n kleuteronderwyseres en ‘n bejaarde weduwee te doen?  Jy gaan nóú hoor…

Saterdagaand het hierdie vriende mekaar vinnig en deeglik aan tafel leer ken. ‘n 8-sitplek tafel, maar hulle was net 7.

By die oop sitplek aan die kop het daar 3 beelde gestaan; sommer deel van die tafelrangskikking. Onopvallend, maar daar.  Soveel so dat niemand eens daaroor kommentaar gelewer het nie.
Maar na die sop en sjerrie, die hoofmaaltyd en ‘n gebakte poeding met vla en ‘n koppie moerkoffie het die gaste met nuwe oë na die drie beelde gekyk.

Die Indiaanse uitgekerfde totempaal (regs onder in foto) was nie deel van die uitstalling nie, maar daar het die idee van die epiek ontstaan. Covey se praatstok!

Elke beeld het ‘n rondte gedoen en elke gas kon sy storietjie aanlas sodra hy die beeld in die hand het. Jy het natuurlik ook die opsie gehad om uit te sit!

‘n Wonderlike wêreld ingekleur deur elkeen se belangstellings, ervarings en karaktertrekke het spontaan ontstaan en ons is in die proses met mekaar se filosofieë, ideale en humor verryk.

Almal het deelgeneem.  Dis nou almal behalwe die bejaarde weduwee wat ons so 30 jaar vooruit is.  Gezina het seker gewonder waar die jare is toe hulle nog saans huiskonserte gehou het.

Wel, dit was ‘close’!

17 thoughts on “Dis nou jóú Beurt!

  1. Pingback: Nou is dit regtig my beurt – toortsie.com

  2. Ag Letty-Ann, dit is oulik. Ek dink ek moet dit bietjie met my kleinkinders doen wanneer ons hulle die naweek oppas. Volgende naweek, ek het dus nog tyd vir beplanning. En sowaar, ek het gedink dit is wel die begin van ‘n nuwe uitdaging, gesoek na die inleidende paragraaf daarna. Vertel gerus meer hoe dit gewerk het, ek is nuuskierig om meer te weet.

    Like

    • Toortsie reken ook ons kan dit vir ‘n nuwe uitdaging aanvaar.Ons gee dit so twee weke dan begin ons! Jy beweeg antikloksgewyse die ‘talking stick’ van persoon na persoon. Dis amper soos telefoontjie behalwe dat almal hardop sy storie uitdink voordat hy die ‘stuk’ aangee vir die een langsaan wat op sy eie manier stertjies aanlas tot dit weer by die eerste persoon eindig.

      Liked by 1 person

Leave a comment