Senusagie Ontpop!

http://fresh.inlinkz.com/party/2808199db9894254b848ffd032d39e8c

Hulle is vandag weg maar orals is daar tekens dat hulle hier was! Die groen spuitnaald in die kombuis stuur flitsgedagtes van week één op Struisbaai deur my kop. ‘n Senusagie wat mamma-mamma kerm en eers ‘n loopneus en toe ‘n loopmaag ontwikkel het. Oupa en ouma wat laat Sondagoggend antibiotika gaan soek, mamma wat die nat neusie uitsuig sodat snip kan asemhaal en grootmense wat moet leer wanneer om saggies te praat sodat die peutertjie asseblief net kan slaap.

Week een en ‘n groot gedeelte van week twéé was vir alle partye ‘n kultuurskok, maar week drié was ‘n wonderlike deurbraak van armpies in die lug om opgetel te word, skoene wat aangedra word en woorde wat netjies gena-aap word. Ons kleinkind wat in Oostenryk ‘n kortkop voor die pandemie gebore is het mettertyd sosiaal ontdooi, selfs begin ontpop in ‘n aandagvraatjie wanneer sy haar oë toeknyp (en net bietjies-bietjies loer om te sien of ons nog vir haar kyk). Dan lag sy uit haar maag ‘n diep gromlaggie en wip op en af. Nina is weg, so ook die los ivoorstukkie van ons klavier se klawer, die letter ‘d’ by ons boonste trap (daar staan ‘d-r-o-o-m-l-a-n-d’ teen die nege trappe oppad slaapkamers toe) “en”… soos Oupa sê…”die ergste is hulle weet nie dat hulle droogmaak nie!” Nou mis ons die stemmetjie en haar mamma, maar ons weet haar pappa verlang en gun hom sy patroon wat intussen sterker loop, ‘n groter verskeidenheid kos eet en self op haar fietsie klim.

21 thoughts on “Senusagie Ontpop!

    • Ja,ons was aanvanklik radeloos met die siek kleintjie maar toe sy eers gesond was was sy ‘n fees! Ons huis het sowaar ‘n metamorfose gekry.Gelukkig het ek die ivoorplaatjie van die klaviernoot onder die klavier gekry.Dir ‘d’ van droomland het ook agterna uitgekom. Soos jy sê,Una,”‘n kosbar e tydjie”!

      Like

Leave a comment