
Dit was die jaar 1984.
Met my eersteling oppad het ek heelwat tyd op hande gehad. Ver van my familie en baie alleen tye was my voorland want die Vloot was baie bedrywig en my man was die kaptein van ‘n skip.
Ons het die gewoonte gehad om naweke in boekwinkels rond te hang. Gelukkig so want dis daar waar ek die naaldwerkboek vir ‘n leeftyd raakgesien het. Ek moes dit koop! Ek hét.
Ek moes my sinvol besig hou. My ma was altyd besig met die een of ander handwerk, so toe ek die patroon vir ‘n geborduurde kussing in ‘n naaldwerkwinkeltjie sien het die dagte aan borduur by my opgekom. Maar waar begin ek? En hoe maak jy die verskillende borduursteke?
Ek is dadelik boekrak toe. Die boek het ‘n wye verskeidenheid van steke en dit was jare voor selfone en YouTube. Elke borduursteek is in vele variasies geskets en in detail beskryf. Dit was ‘n wonderlike leerskool. ‘n Kreatiewe uitdaging.
Ek is die volgende oggend terug naaldwerkwinkeltjie toe. ‘n Piepklein plekkie, stampvol van borduurpatrone en laaie vol borduurgare. So is ek vir drie maande elke dag soontoe. Dit het my presies drie maande gevat om genoeg geld bymekaar te skraap om die borduurpatroon (met gare!) te gaan koop.
Vir drie maande lank het ek met hartkloppings gaan seker maak die lap is nog daar want ek het my hart op die toneeltjie gesit. En toe kry ek dit.
Terug by die huis het ek elke moontlike borduursteek in gestudeer voor ek dit noukeurig toegepas het. Ek onthou nog goed hoe ek ‘n hele aand aan die kleinste seuntjie in sy vlootblou pakkie se omrol sokkies geborduur het. Bruin baksteenstekies.
Die proses was pynlik tydsaam maar uiters bevredigend. Hoe meer vaardig ek geraak het, hoe meer waaghalsig het ek met kleurkombinasies geword. Die eindproduk was briljant. Soveel so dat drie van my vriendinne van vyf-en-veertig jaar later almal dieselfde ontwerp wou borduur.
Ons borduurprojek was wonderlik want ‘n VLV-lid met Springbokkleure in BORDUUR het ons al die fynere borduurkunsies geleer en sedertdien pak ons die een borduurprojek na die ander aan.
Gaan loer ek gou in my boekrak, daar staan my boek. Wouw, gaan hom nog vandag dazr uithaal en bekyk. Miskien moet ek probeer. Dis net die dekselse duime wat so pyn, hoop hulle sal dit kan doen. Jou borduurwerk is fantasties.
LikeLike
Dankie,Trommeltjies.Begin net! Dis heerlik.Die boek is waarlik ‘n belegging.
LikeLike
Dankie,San.Dis so lekker kreatief…amper nes skryf😁.
LikeLike
Sjoe! Dis pragtig. Wel gedaan. Ek bewonder julle ouens wat borduur.
LikeLiked by 1 person
Dis so mooi gedoen Aalsie
LikeLike
Tx,Appeltjie.
LikeLike
Daai blomme is my volgende borduuruitdaging.Ek gaan jou raad kom vra.Lyk my daar is Ierse hekelwerk ook in!
LikeLike
Ek wil daai blomme van jou kom bekyk. Dit lyk ongelooflik mooi.
LikeLike
Pragtige werk dis so terapeuties om so te borduur. Bduur le my ook na aan die hart.
LikeLiked by 1 person
A! Dis goed om te hoor,Scrapydo2.
LikeLiked by 1 person
Daardie borduurprent is absoluut bekoorlik! G’n wonder jy wou dit so graag hê nie.
LikeLiked by 2 people
Ja,is dit nie ‘n lieflike toneel nie?!
LikeLiked by 1 person
Sjoe, Letty-Ann, dit is pragtige borduurwerk. Jy mag maar borduur, hoor. Lieflik. Dankie vir die deelneem.
LikeLiked by 2 people
🤩!
LikeLike
Ag nee. Ek h RD se complete guide to sewing. Dalk h my kind d ander een want ek weet ons h 2.
LikeLike
Jou kind moet vasklou aan dié boek.Dalk wil jy ook nog borduur!
LikeLike
Jy mag my boeke leen as jy ook wil borduur Seegogga.
LikeLike
Dankie liewe Toorts!
LikeLiked by 2 people
ek verbeel my mos ek het ook die boek! Sal moet gaan kyk. Jy borduur pragtig!
LikeLiked by 1 person
Ai,Seegogga,dankie.Herken jy jou raamwerk?
LikeLike
Ja ek doen!
LikeLiked by 2 people
Jou werk is PRAGTIG. En daai nr een borduurster in ons land is ‘n aanwins. En daai boek! 😁🥂🧵🪡
LikeLiked by 2 people
Dankie,Toortsie. Ek stem saam oor daai nr 1 borduurster én oor daai boek! Ek is so dankbaar dat jy ook die boek in die hande gekry het.(Dis in 1979 die eerste keer gedruk).
LikeLiked by 1 person
Ek het sy naaldwerksussie ook op die rak.
LikeLiked by 1 person
Christa se #foto uitdaging en Toortsie se borduurstorie het my geïnspireer…en natuurlik ons VLV Borduurgroepie!
LikeLiked by 1 person