Sout! Is jy dan LAF?

Hierdie resep vir Rotskoekies kom uit die resepteboek wat ons op skool gebruik het. (Die boek by ‘n tweedehandse boekwinkel gekry)
120g (250 ml) koekmeel,
12,5 ml bakpoeier,
2 ml sout,
45 g (50 ml) margarien,
25 ml suiker,
50 g korente,
1 klein eier,
75 ml melk of water.

Stel oond op 200 ºC. Smeer bakplaat van 150 mm x 300 mm. Sif meel, bakpoeier en sout. Vryf met vingerpunte die margarien in. Voeg suiker en korente by die meelmengsel. Maak deeg aan met eier (effens geklop) en melk of water. Skep hopies op die bakplaat of in papierbakkies. Bak vir 20 minute. Laat afkoel op draadrakkie. Ek onthou dit was een van die eerste goed wat ons op skool gebak het. Hoop jy kom reg.

Resep geplaas deur Hannetjie Snyman

Die twee koshuisbrakkies is allesbehalwe tuis in die kombuis. Daarvan kan die eindresultaat in die Huishoudkundeklas getuig. Die goedige Juffrou Hemelbesem het die rotskoekies een proe gegee en sonder seremonie ‘n nuwe baksel aangemaak.

Enige gesoute laboratorium-assistent sou saamstem…die koshuisbrakkies het 25ml SOUT in plaas van 25 ml suiker in die oorspronklike beslag gegooi.

En nou vra jy nog hoekom ek nie graag bak nie?!

15 thoughts on “Sout! Is jy dan LAF?

  1. Ag lag ek nou lekker. Sout! Dit moes sleg gewees het. My huishoudkunde juffrou se bynaam was ook hemelbesem, hoe vreemd is dit. Ander het haar bees genoem, ek weet nie waarom nie. Ek is tans met haar vriende en sy is dierbaar.

    Like

Leave a comment