Sedert grendeltyd, 27 Maart 2020, het ek die dokter, apteek en verál die tandarts soos die pes vermy, maar toe val TWEE van my stopsels uit.
Tandarts toe. Hoe anders?
Dis was vreemd om die enigste pasiënt in die wagkamer te wees. Geen sprake van tydskrifte nie. Handsproei met instruksies dat jy eers jou hande moet saniteer en jou mondmasker moet dra voordat jy die toonbank mag nader. Slegs een pasiënt per uur word toegelaat. Afstand.
Die tandarts vra my uit oor Covid-19.Oor hoe dit my mense geaffekteer het. Ek vra toe niksvermoedend oor sý mense uit.
“Dit was die slegste Desember van my lewe…” begin hy vertel. Sy pa, ook ‘n tandarts, het afgevlieg vir die vakansie. Sy neus begin loop en toe kry hy keelseer. Dit was die begin. Drie weke later is hy ingejaag stad toe want die platteland het nie suurstof gehad nie.
“Ek het vandag my laaste pil gedrink”,sê die tandarts. “Ek het ook keelseer gekry. Ek was báie siek. Soveel so dat nie één van my vriende kon kom kuier nie. Covid. Ek was te swak om my pa die trappe af te help. My seuns moes hom help.” Sy pa is vroeg Januarie 2021 in die hospitaal opgeneem. Twee dae later is sy 84-jarige pa dood. Covid.
So laat ek hom sy storie vertel en staan traag op om in die stoel te gaan sit. ‘n Jong tandarts neem my onder hande en ek wonder…moet ek met hom simpatiseer oor sy oupa se dood?
Ek besluit daarteen. Dalk huil hý na binne.
Pingback: Verwelkom nuwe inwoner op Rebusfontein – Dr. Christa van Staden
Pingback: Verwelkom nuwe inwoner op Rebusfontein – Dr. Christa van Staden
Hmmm
LikeLike
Pingback: Rebus, hier kom ek! – toortsie.com
Soek nog my tasse
LikeLike
Ek is jammer vir hom en so baie ander..
LikeLike
Ja,siestog
LikeLike
My vriwndin se kinders het van oorsee en Johannesburg af kom kuier vir Kersfees. Toe kry almal covid. Enbhaar man is nog voor Kersfees hosp toe en in Jan sterf hy.
LikeLike
Dis hartverskeurend.
LikeLike
Interessant genoeg,die tande het gladnie gepyn nie.
LikeLike
Die stopsels het net verbrokkel!
LikeLike
Ek hoop die tandpyn is opgelos, diot is een ding wat mens nie kan laat staan nie.
LikeLike
Mens wil nie like druk nie. Dit is baie hartseer.
LikeLike
Ja.
LikeLiked by 1 person