Troefkaart

How many holes are there in an average Marie biscuit, what are they there for and how do you count them? There are between 16 and 23 holes per biscuit, and therefore an average of 19. I was told that there’d been a “hole count” of biscuits made in 43 separate countries.

Die wêreld verander teen ‘n vinnige spoed, ons kleinkinders word met ‘n selfoon en tablet in die hande groot. Hulle draai ‘n kraan oop, kry lopende water, sit ‘n skakelaar aan en daar is elektrisiteit. Sit ‘n TV aan en kyk ‘n storie. En dink selfs oumas is, soos Steve Hofmeyr oor spoke sing, so bietjie dom as ons nie so vinnig met die tegnologie is nie. Maar, daar is baie wat hulle nie weet nie, want ons oumas was ook kinders. En ons kan stories vertel …

‘n Bundel kinderstories uit die pen van die Goue Vroue.

Kliek op hierdie skakel om die ander stories te lees.

https://fresh.inlinkz.com/p/d9a4e9bae6aa4e179beee4acc3690247

Piekniektassies met bordjies wat oorkruis vasgegespe is binne die deksels.  Messe en vurke en lepels in bondeltjies.  Plastiek koppies en glase en selfs ‘n blou-en-wit blokkies tafeldoek en servette.

Japetto en Stiletto maak groot wawiele op die gras, skree ‘jip! jip!jui!’ as hulle die volgepakte piekniekmandjies optel en kar toe draf.  Vandag hou hulle teddiebeer piekniek op Stellenbosch.  Die twee bruin teddies sit al klaar kiertsregop op die agterste sitplek.  Elkeen met ‘n groot strik om die nek.  Hulle is netjies uitgevat vir dié piekniek.

Dis vroeg.  Daar lê nog doudruppels op die kar.  Dis Siembamba-tyd  en die tweeling sing hardop saam met die tannie op die karradio.

Die liedjie wat hulle sing klink so:

If you go down in the woods today
You’re sure of a big surprise
If you go down in the woods today
You’d better go in disguise!

For every bear that ever there was will gather there for certain
Because today’s the day the Teddy Bears have their picnic

Picnic time for Teddy Bears
The little Teddy Bears are having a lovely time today
Watch them, catch them unawares
And see them picnic on their holiday

See them gaily gad about
They love to play and shout
They never have any cares
At six o’clock their Mommies and Daddies
Will take them home to bed
Because they’re tired little Teddy Bears

Every Teddy Bear who’s been good is sure of a treat today
There’s lots of marvelous things to eat and wonderful games to play
Beneath the trees where nobody sees
They’ll hide and seek as long as they please
‘Cause that’s the way the Teddy Bears have their picnic

Picnic time for Teddy Bears
The little Teddy Bears are having a lovely time today
Watch them, catch them unawares
And see them picnic on their holiday

See them gaily gad about
They love to play and shout
They never have any cares
At six o’clock their Mommies and Daddies
Will take them home to bed
Because they’re tired little Teddy Bears

Because they’re tired little Teddy Bears

Teddy Bear’s Picnic lyrics © Wb Music

Dis ‘n lang pad Stellenbosch toe.  Japetto knip sy piekniektassie stilletjies oop.  Hy is baie nuuskierig.  Hy loer eers deur ‘n skrefie en dan stoot hy die deksel ver terug.

A! ‘n Piesang en koekies en pienk STAR toffies.  Al hulle lekkerste kos.  Verder is daar twéé botteltjies rooi koeldrank!

Japetto is verlig.  Stiletto lê skuins oor haar teddie en slaap.  Sy sal vies wees as sy agterkom dat hy nie kon wag tot by die parkie voordat hy na Mamma se piekniekverrassing gekyk het nie.  Hy knip sy piekniektassie versigtig toe.

Toe Pappa die akkerboomlaan binnery besef Japetto hulle is op Stellenbosch.  Hy ruk Stiletto heen en weer sodat sy kan wakker word want hy is al heelpad lus vir sy piesang.

Stiletto tel haar beertjie en haar piekniektassie op haar skoot en draai opgewonde die kar se venster oop.

‘n Eekhorinkie hardloop al met die akkerboom se skurwe pienk stam af, raap ‘n ryp akker by die boomwortel op en laat spaander as die kinders nader hardloop. Op, op, op in die boom en daar verdwyn hy in ‘n koeëlronde gat in die boomstam.

” Hy maak sy spens vol”, sê Mamma.

Skielik onthou Stiletto van haar piekniektassie.  ” Raai, raai wat is geel en krom en lyk soos ‘n outydse bababottel?”

Dit kan nét die piesang wees, dink Japetto wat niks weet van outydse bababottels nie. “‘n Piesang!”
Stiletto is stom verbaas.  “Hoe het jý geraai?”, wil sy weet.

“Ek is slim!”, skree Japetto.

“Hoeveel bottels koeldrank is in jou piekniekmandjie?”

“Twee!”, skree Japetto sonder aarseling.

Nou begin Stiletto snuf in die neus kry. “Het jy geloer?”

Japetto kruis sy vingers agter sy rug oormekaar sodat Stiletto nie kan sien hy maak orreltjies nie. “Nooit!”, skree hy.

Stiletto tel versigtig die gaatjies op ‘n Marie beskuitjie voordat sy vra, “en wat is plat en rond met 19 gaatjies en het ‘n naam wat in Frans ‘munisipaliteit’ beteken?”  Sy gaan staan triomfantelik met haar hande op haar heupe nadat sy haar troefkaart gespeel het, “Nou hét ek jou!”

Maar Japetto weet dadelik dat dit die Marie beskuitjies moet wees en skree,” Marie beskuitjies!”

Nou glimlag Stiletto breed. ” Uitgevang! Ek weet nou jy het jou piekniektassie oopgemaak.  Ek kon raai dat jy nie sou wag totdat ons by die piekniekplek is nie.  Ek het gedink jy het geloer en nou weet ek.”

” Hoe kan jy so seker wees?”, vra Japetto skoon uit die veld geslaan.

” Ek weet jy weet nie dat die Franse munisipaliteite Marie genoem word nie en wie tel nou gaatjies op ‘n Marie beskuitjie?”

Japetto lag verleë, maak sy piekniektassie oop en vat ‘n groot hap van sy piesang. Uiteindelik dink hy, nou hoef hy nie meer sy vingers orreltjies te hou agter sy rug as hy jok nie.  Dis lekkerder om oop kaarte te speel.

Die kinders het amper al die koekies opgeëet toe hulle onthou van die twee teddies op die agterste sitplek.  Hulle jaag resies kar toe, haal hulle bere uit en hou verder ‘n feestelike teddiebeer piekniek.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s