Die wêreld verander teen ‘n vinnige spoed, ons kleinkinders word met ‘n selfoon en tablet in die hande groot. Hulle draai ‘n kraan oop, kry lopende water, sit ‘n skakelaar aan en daar is elektrisiteit. Sit ‘n TV aan en kyk ‘n storie. En dink selfs oumas is, soos Steve Hofmeyr oor spoke sing, so bietjie dom as ons nie so vinnig met die tegnologie is nie. Maar, daar is baie wat hulle nie weet nie, want ons oumas was ook kinders. En ons kan stories vertel …
‘n Bundel kinderstories uit die pen van die Goue Vroue.
Kliek op hierdie skakel om die ander stories te lees.
https://fresh.inlinkz.com/p/d9a4e9bae6aa4e179beee4acc3690247
Japetto en Stiletto se hondjie is vandag by die dokter. Pappa het hom gevat vir sy inentings. Die tweeling hou niks van inentings nie. Hulle hoef gelukkig nie meer inentings teen kindersiektes soos masels te kry nie. Om die waarheid te sê is die tweeling blakend gesond.
“Julle moet al julle kos opeet voor julle mag gaan speel”, sê Mamma met elke ete.
Hulle doen dit. Dis hoekom hulle sulke rooi wange, blink oë en blink hare het. Hulle is twee woelwaters en dink elke dag ‘n nuwe plan uit.
“Ek het ‘n plan”, sê Japetto en sy oë rek groot so opgewonde is hy. ” Ons kan nie vandag met Tjokker rondhardloop nie, want hy is by die veearts. Kom ons gaan kyk wat daar bo op die solder weggesteek word.”
“Oe,ja! Dalk wag daar ‘n lekker verrassing.”
Die twee klim op die soldertrap. Dis nogal steil. Die opstal se dak is hoog en jy moet deur die valdeurtjie en deur die plafon klim voordat jy op die solder is.
Uitasem gaan sit hulle eers ‘n rukkie op een van die trappe. Hulle is amper bo. Sodra hulle sterk voel sal hulle die laaste paar trappies uitklim en die valdeur opdruk sodat hulle daardeur kan klim. Eintlik sit hulle nie omdat hulle so moeg is nie, maar eerder omdat hulle so bang is vir wat hulle dalk in die solder mag raaksien. Niemand gaan solder toe nie, maar hulle weet daar staan goed gestoor. Dis net, wátter goed?
Japetto staan eerste op en klim tot by die valdeur. “Ug!”, kreun hy. “Kom help my druk, Stiletto. Hierdie ding sit vas.”
Stiletto stap op en staan teenaan Japetto op die heel boonste trappie. Hulle druk teen die valdeur met alle mag en toe gaan dit met ‘n gekraak oop.
“Wat het ons hier, Japetto? Dit lyk soos ‘n antiekwinkel. Ou meubels, stowwerige matte, kiste met plakkers op, ou fietse en stootwaentjies en selfs ‘n ou konsertina.”
Stiletto trippel verbouereerd rond en toe hoor sy die onaardigste geluid. Dit begin met ‘n vreemde kreun en dan hoor hulle ‘n lang uitgerekte “pffffft”. Die tweeling kyk mekaar bang aan. Hulle is doodnuuskierig maar ook doodbang. Is hier iemand hierbo of is dit ‘n slang? Daar is baie pofadders op die plaas. Pofadders kan enige plek wees. As ‘n pofadder jou pik kan jy doodgaan.
Stiletto gee die eerste tree en toe raak alles doodstil… dan besef sy. Sy staan op die ou konsertina. Dis dít wat so afblaas. Dis sý wat per ongeluk die konsertina se wind uitgetrap het!
Noudat hulle weet wat die geluid was ontspan hulle. Hier is nog baie goed op die solder en hulle het baie tyd.
Hulle hoor Mamma roep,” Kos is op die tafel!” en klim die soldertrap sing-sing af met…
Een aand op ‘n kattebasaar, al die diere van die dorp was daar. Willemiena Kateriena speel die konsertina en die apie tokkel die kitaar.🤸♂️🤸♀️
Net ń vrazg, met ń steil klein leertjie en ń val deur, hoe het hulle al die meubels en goed dazr bo gekry? Ek wonder altyd daaroor as ek iets lees oor die solder. Sommer my meimering
LikeLike
Trommeltjies, baie outydse meubels kan ‘in paaiemente’ gestoor word. Kopstuk eenkant, voetenent anderkant, selfs pilaartjies in die ou kaste kan in- en uitskroef😀
LikeLiked by 1 person
Those were the days.
LikeLiked by 1 person
N kinsertina is een instrument wat ek nie kan speel nie
LikeLiked by 2 people
Wow!Uitdaging vir jou wat so musikaal is.
LikeLiked by 1 person
O ek hou van jou Jipetto en Stiletto stories. Ek hoop daar kom nog baie!
LikeLiked by 2 people
Dankie,Toortsie.Jou seuntjie eiland klink ook idillies.
LikeLiked by 2 people
Ek vermoed daar is dalk soms ‘n pleister of twee nodig.
LikeLiked by 2 people
Dankie,Christa.So glip die outydse liedjies ook subtiel by die storie in🤸♀️🤸♂️
LikeLiked by 1 person
Oe, ek is gek hieroor, hoor. Die liedjie gaan nou vashaak vandag.
LikeLiked by 1 person