Spring!

Veertien vloere is hoog.  Dis ‘n wolkekrabber vol koshuisstudente. Jong, emosionele wesens.  Vatbaar vir suggestie, maar paniekerig as die situasie buite beheer raak.

Vir die doel van hierdie uitdaging word elke Goue Vrou uitgedaag om ‘n ware verhaal te vertel waarin sy waaghalsig, roekeloos, dapper, onverskillig, vreesloos, uitdagend, mal, koel, riskant, gevaarlik of heldhaftig was. Met een groot verskil.

Soos gewoonlik is die res van ons karakters in elkeen se ware verhaal.

Die verhale van die Goue Vroue se waaghalsigheid kan hier gelees word https://fresh.inlinkz.com/p/f80d05d5846445598fea67b47c8a6182.

Dit was Vrydagaand. Die vloere was relatief leeg.  Meeste studente was al weg vir die Julie vakansie, maar die handjievol kunsstudente moes nog die Woensdag ‘n laaste vraestel skryf.

Woordnoot het by verre die beste talent gehad.  Sy was ‘n liriese digter en het die unieke gawe ontvang om haar gedigte met skilderwerk te kombineer.  Petite, soos die fyn skilderwerk en natuurlik die fyn aanvoeling vir taal, was sy uitgelewer aan die brassery van die res van die studente op vloer 13A en haar eie fynbesnaardheid. (Daar is nie ‘n beter woord as ‘brassery’ om dié Vrydagaand se gefuif te beskryf nie.)

  Die koshuiskamers was té klein vir kuier, maar op elke vloer was daar ‘n sitkamer. Dit was ruim en die een sy van die vertrek was ‘n kombinasie van getinte vensters en glasdeure wat uitgeloop het op ‘n smal stoep met ‘n gevaarlik-lae muurtjie.

Virgo-C het die voorbeeld gestel.  Die ander wou nie direk uit die wynbottel drink nie.  Nie dat dit ‘n probleem was nie.  Sy het rooiwyn in elke langsteelglas geskink en toe die bottel teen haar mond gedruk en gesluk.

Una het nog probeer keer want haar aanstaande familienaam was op die spel, maar Aalsie, Scrapy-2, Seegogga en Appeltjie het haar aangepor om die bottel leeg te maak.

Positief was verontwaardig oor die swak styl en Frannie het eenvoudig uitgestap.

Wat Woordnoot nie besef het nie, is dat Trommeltjies ongemerk nóg ‘n bottel rooiwyn geknak het en weer al die glase opgevul het.  Christa kon maar net haar kop skud.

Woordnoot het aanvanklik vreeslik aan die lag gegaan maar toe woordloos verdwyn.  Dit het lank gevat voordat die res agter gekom het dat sy nie meer in die sitkamer is nie.

Toortsie was op die punt om die Frangelico ook oop te draai toe sy besef daar huil iemand op die stoep. Dit was Woordnoot wat droewig gesnik het en op die punt was om bo-op die stoepmuurtjie te klim.

Dis hier waar Frannie ‘n sleutelrol gespeel het. Sonéll het haar gaan roep. Nugter weet hoe, maar iemand moes Woordnoot tot inkeer bring.

Vanaand sal daardie iemand Frannie moet wees.  Sy is die HK (huiskomitee)-lid van vloer 13.

Oppad sitkamer toe het Sonéll due HK-lid vertel van Woordnoot en die stoepmuur.  Frannie kén nie so iets nie. Dis totaal buite haar ervaringswêreld, maar die onus rus vanaand op haar twee smal skouertjies om die krisis te ontlont. Frannie het, ondanks haar Kuns, ook Sielkunde III want sy wil Spesiale Onderwys gaan gee, maar nie een van haar gevallestudies het hiervoor voorsiening gemaak nie. Sy sal haar instink moet volg. Haar laat lei deur die situasie.

Intussen het Woordnoot op die stoepmuur geklim! Almal snak na hulle asems maar Woordnoot het nou tweede asem en as ek nie van beter geweet het nie het ek gedink sy het dronkverdriet, vertel Toortsie agterna.

Dis laat en almal sit meegesleur na Frannie se mooipraat en luister maar Woordnoot sny heeltemal uit.  Sy hoor niks en voel niks en dreig in ‘n huilstemmetjie dat sy wil spring.

Frannie sê later uit pure radeloosheid, “As jy wil spring, spring en kry klaar. Ek is vaak. Ek wil gaan slaap.”

Gelukkig hoor Woordnoot niks en neem sy niks in nie behalwe Frannie se ergerlikheid. Sy klim gedwee terug op die stoep, in die arms van ‘n groep witgeskrikte aspirant-Goue Vroue.

In retrospeksie het Frannie besef dat dit ‘n katastrofe sou wees as Woordnoot werklik van die 13de vloer afgespring het.

Kan sy haar insig die eer gee vir haar suksesvolle skoktegniek die aand of het sy eenvoudig besluit genoeg is genoeg?

7 thoughts on “Spring!

  1. Dit was pragtig vertel. Dankie, ek het soortgelyke ervaring. Vloer veertien van koshuis in Pretoria se dak. Eerstejaar wat nie meer die ontgroening kon vat nie. Ek was verskrik, ek was ook eerstejaartjie en het nie vir die dak kans gesien nie.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s