Kaskar Avontuur

• “Never try, never know!”

• Just Do It!

• Direction is more important than speed.

• Keep Going, keep growing.

• Explore. Dream. Discover.

• “If it scares you, you should do it!”

• “Adventures are forever!”

• “All you need is less!”

Voeg hierby “A little sweetness goes a long way” en ” Take the sweetness home!”, dan het jy die Goue Vroue se leuse (by Huletts geleen).

Vir die doel van hierdie uitdaging word elke Goue Vrou uitgedaag om ‘n ware verhaal te vertel waarin sy waaghalsig, roekeloos, dapper, onverskillig, vreesloos, uitdagend, mal, koen, riskant, gevaarlik of heldhaftig was. Met een groot verskil.

Soos gewoonlik is die res van ons karakters in elkeen se ware verhaal.

Die verhale van die Goue Vroue se waaghalsigheid kan hier gelees word https://fresh.inlinkz.com/p/f80d05d5846445598fea67b47c8a6182.

Seegogga het die span logo ontwerp, Virgo-C het die reëls opgestel, Aalsie  het die sponsor vir die kaskar gekry, Trommeltjies het die kuipe beman, Christa het  gestoot, Tannie Frannie was eerste drywer en Positief was tweede drywer en Toortsie was die veelsydige reserwe.  Sy kon instaan as tweede stoter, derde drywer en in die kuipe. (Scrapy was byderhand met watte,dettol en pleisters…net ingeval iemand ‘n skrapie opdoen.)

Die Goue Vroue het ingeskryf vir die plaaslike hoërskool se veteraan kaskarresies!

Die sponsor was Huletts want hulle is die vervaardigers van Goue Stroop.

Die Goue Vroue was niks stroperig nie, maar wel TAAI!

Ons twee ‘runners’ het reeds hulle staal met die Magaliesburgse Bergfietsmonster en die Baviaans Camino bewys. Ons twee (soms drie) stoters het soos ge-oliede aflosatlete elke rondte mekaar vervang en Trommeltjies was ‘n treffer in die kuipe.

Die reëlings het seepglad verloop want Virgo -C was ‘n halfuur lank op die seepkiskar aan die preek oor die moets en moenies.  Sy was goed vertroud met noodhulp maar almal het verkies om nie enige beserings op te doen nie want Scapy, haar assistent, het niks van saggies en teer verstaan nie.

Seegogga se blik goue stroop het geskitter op die rooi T- hempies en die logo, op die T-hemp se maag: “A little sweetness goes a long way” en agter op die rug: ” Take the sweetness home!”, het die volle erns van hierdie goue veterane beklemtoon.

Toe die skoolhoof die fluitjie blaas, trek Christa in ‘n stofwolk weg. Tannie Frannie klou verbete om die tou-stang te beheer, slaag daarin om die eerste rondte bo te bly en kom met ‘n ruk tot stilstand as Toortsie die kar vasvat en vervaart rondtrap totdat Positief die leisels vat en krom trek sodat die tweede rondte in rekordtyd voltooi word.

Christa staan al gereed om oor te vat. Haar voete skop twee rookwarrels op terwyl Tannie Frannie soos ‘n vetgesmeerde kalfie in ‘n kits op Positief se warm sitplek gaan sit om ‘n nóg  vinniger rondte af te handel.


Intussen raak Seegogga en Aalsie histeries. Appeltjie spring verwoed op en af en Trommeltjies gooi al haar gereedskap uit die kuipe want ‘Chariot of Fire’ pyl reguit op ‘Goue Stroop’ af en tref dit teen so ‘n hoë spoed dat die een voorwiel die lug inskiet.

Scrapy hol met haar pleisters en wattebolletjies met Virgo kort op haar hakke.

Tannie Frannie klou genadiglik steeds die stang was en bly op koers terwyl die kaskar op een voorwiel sy derde rondte met groot fanfare voltooi.

Nou spring Trommeltjies en Toortsie bont om die spaarwiel in te skroef terwyl die drywers bladskud en plekke ruil. Appeltjie is so in vervoering dat sy agter die kaskar inspring en met lang hale voortsnel terwyl die onderhoudspan nog besig is om gereedskap op te tel.

So kom dit dat Positief ‘n effe stadiger rondte voltooi want Appeltjie se bene is uiteraard nie so lank soos Toortsie s’n nie.

Toortsie is nou so van die adrenalien dat sý die volgende rondte vat met Tannie Frannie nou meer doelgerig as óóit agter die stuur.  Hierdie rondte kwalifiseer vir die Olimpiese Spele!

Die oorgee vir die laaste rondte loop seepglad en Asterix, ag ek bedoel Christa, sit vir die ander karperde horings aan as sy op ‘n stywe galop heel eerste met Positief by die wenstreep stop. Aalsie se oomblik van triomf het aangebreek.  Sy hardloop vorentoe, hou Christa en Positief se arms in die lug, roep die res van die Goue Vroue bymekaar en stort ‘n hele bottel sjampanje oor die kaskarspannetjie uit.

Virgo tel tot by drie en Toortsie val weereens in met “Een vir Almal! Almal vir Een”.

‘Nobody Mess with Texas’, knip-oog Tannie Frannie en Christa begin spontaan inval met ‘Karlinka!’

Die res van die Goue Vroue meet en pas om in die spanfoto te kom want niemand sal hulle glo as dit net volgens oorlewering vertel word nie.

Woordnoot, dankie, danksy jou selfie is ons almal in die foto. Hier het ons dit nou…swart op wit🤩🤩

10 thoughts on “Kaskar Avontuur

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s