LETRA:Op eie Risiko

Die verhale van die Goue Vroue se waaghalsigheid kan hier gelees word https://fresh.inlinkz.com/p/f80d05d5846445598fea67b47c8a6182.

Die hele GOUE Divisie het so pas die militêr aangepaste klimraam, oftewel die LETRA-baan, oorleef.

Almal het natuurlik eers die term ge-Google!

The military/Army obstacle course is used (mostly in recruit training) as a way to familiarize recruits with the kind of tactical movement they will use in combat, as well as for physical training, building teamwork, and evaluating problem solving skills.

Na die voltooiing van die LETRA-baan het die Goue Vroue gereken die Kaap is Hollands en het hulle hierdie nuwe begrip soos volg beskryf:

Op de LETRA-baan ging het er iets gemoedelijker aan toe, al was de uitdaging daar niet kleiner. Met een beperkt aantal middelen moest de gehele groep over een hindernis zien te komen. De hoogte van de tweede hindernis zorgde daarbij voor een extra prikkel. 

Nou vir daardie ‘extra prikkel’…

Vaal van die droë modder (meeste vietse vroutjies het ‘n val op die LETRA-baan gehad), natgesweet en lam van die  ambivalensie van emosies giggel/grom die intellektuele aspirant-offisiere (in hierdie geval Adelborste) oppad na die volgende uitdaging.

Die klompie vietse vroutjies is nie meer skoolkinders nie. Hulle is slaggereed om hulle spesialiskundigheid in die Suid-Afrikaanse Vloot aan te wend, of dit nou in ‘n syfer-, skakel-, personeel-, logistieke-, gesondheids-, opleidings-, bevels-, of gevegshoedanigheid is, hulle is ‘n groep handuitgesoekte vroue wat baie skerp is BEHALWE as dit kom by TOUE!

Julle ken daardie winkelhaak wat inbrekers op hoë dakke anker sodat hulle kan oor klim? (By gebrek aan ‘n foto van ‘n drie-tand haak die ankerfoto’tjie).

“Wie volunteer?”, bulder die instrukteur. Hy kyk direk na Scapy-do, maar dié ignoreer hom.

“Nie ek nie”, kreun Trommeltjies,” ek het so ‘n vae vermoede my Baviaans-voet is weer geswik.”

“Dis so maklik soos fietsry”, paai ‘n ‘medic’ terwyl hy ongemerk die draagbaar vasklem.

“Ek ken motorfiets ry,maar van ‘n fiets val ek tjoef tjaf af,” skerts Una.

” Ek glo dit nie, sê Virgo C. Jy het dan Magaliesburgse Monster klaargekry.”
“Wat? Het julle gesien hoe Una gelyk het by die wenstreep?! Nee,Una. Ek sou ook katvoet wees as ek jy was.  Ek is klaar met die dinge van ‘n kind.”

“Ek sal laaste gaan, want ek het nog ‘n broodjie in die oond”, toets Frannie die vroue se korttermyngeheue.

“Dis nie nou die tyd vir mooi broodjies bak nie, Frannie.  Ek is seker jy kan jou knie(e) anders inspan. Ek moet eers asem skep. Ek dink daardie ‘long drop’ van die LETRA-baan se dwarsbalk af het my wind-uit gelos.” (Toortsie syg geleidelik in die lang gras neer en haal ritmies asem – soos sy tydens haar twee stelle geboorteklasse geleer het.)

“Gggggg”, giggel Sonéll.  Sy bring hopeloos te veel tyd tussen laerskoolkindertjies deur.

Appeltjie is die enigste een wat die grap vang en giggel blosend saam.

Christa wéét sy sal die mas op kom maar besluit dis Aalsie se beurt om te volunteer.

Dit is Aalsie se beurt om haar riskante waaghalsigheid met veerkragtigheid en aansporingstegnieke te kombineer totdat de laaste Goue Vrou die tou vasvat, voortklim ( in enkele gevalle voortbéúr) sodat elke struikelblok oorkom word.

Aalsie volunteer nie maklik vir enigiets nie, maar al die ander se oë is smekend op haar gerig.  Hulle sal die dak wat hulle moet óór aanpak, maar nié sonder ‘n ankertou nie.

Aalsie ken toue en knope en klouter en klim. Sy weet sy kan want, alhoewel sy nie sterk is op ballet nie, is sy van nature ‘n soepel kragapie en ‘double jointed’ daarby.

Seegogga gee die growwe tou met die drie-tand haak behendig vir Aalsie aan.  Aalsie knyp die haak met mening onder die arm vas en klouter soos ‘n gekamoefleerde nagapie die hoë dak uit, anker die hsak met twee tand duskant en een tand oorkant die middelrif van die dak en klouter hande-viervoet verder totdat sy reg langs die haak gaan sit.

Nou begin die harde werk.

Die eerste paar vroue is gou oor, Positief heel voor, maar hemeltjie tog, die stomme Trommeltjies! Elke tweede tree is ‘n foltering.  Wat nog van KLIM?

Toortsie se wind is nog nie heeltemal terug nie.  Sy het mos ‘n lang asem.  Sy wag gelukkig tot heel laaste, so sy stoot (denkbeeldig) en ek trek (denkbeeldig) tot Trommeltjies bleek om die kiewe met ope arms deur die Goue Vroue op moeder aarde kennis maak.

Nou vir Toortsie.  Sy het net drie diep asemteue gegee en toe wip sy soos in haar hoogspringdae bo-op die dak, vleg haar lang vingers om die rowwe tou en sit binne ‘n oogwink langs Aalsie bo-op die dak.

Nou is dit ‘n kwessie van goeie maniere. 

“Gaan jy eerste.”

“Nee, gaan jý eerste!”

Uiteindelik is dit Toortsie wat eerste afspring en terwyl Aalsie die drie-tand haak losmaak, styg ‘n dawerende applous van benede op dak toe.

” Kom nou, Aalsie, jy kán!”

Onbeskryflik mooi was die oomblik vir Aalsie toe sy haar voete stewig tussen die Adelborsies neersit.

Ons het dit reggekry!  Ons het dit oorleef!

So is ‘n nuwe dimensie van wedersydse bewondering en vertroue tussen die Goue Vroue gebore.

“Ons sal nog ‘n lang pad kan saamstap”, beaam Aalsie se gedagtegang hierdie nuwe bewuswording – en dít sluit Frannie in.

Maar waar is Frannie?

NS
Frannie se Vlootkursus was ‘n kortstondigheid.  Sy was die enigste Adelbors in die GOUE Divisie met ‘n goue trouring.  Sy het jou wáárlikwaar  die spreekwoordelike ‘broodjie in die oond’ gehad, flou geraak voordat sy eens aan die tou geraak het en in herinnering aan hierdie Goue ervaring het sy haar “broodjie!” ‘Letra’ gedoop.








12 thoughts on “LETRA:Op eie Risiko

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s