Goue Vroue Vonkel

Elke Goue Vrou klink ‘n glasie vonkelwyn op die towereffek van die liefdevolle samesyn. Dis ‘n fees om te lewe en om Kersfees te wees vir mekaar.

Hierdie hoofstuk vorm deel van die GoueVroue se avonture. Ons is die hoofkarakters in ons eie vervolgverhale (natuurlik) en ons fantasiestories is vir ander ondenkbaar, ondoenbaar en  onverklaarbaar. As jy die verhaal wil volg, moet jy op die onderstaande skakel kliek om die hoofstukke te lees. 

Lees die ander bloggers se bydraes by ons InLinkz-skakel https://fresh.inlinkz.com/party/1109950914194acc97921a784266b3ec

Maar eers die tafel! Seegogga het ‘n string seeskulpies reg rondom elke sjampanjeglas gepak.
Aalsie het servette gevou soos haar tannie Elsa Malherbe haar geleer het…delikate kabouterskoentjies langs elke bord.
Appeltjie het bont konfettie oral uitgestrooi.
Sonéll het ‘n goue strik agter elke stoel uitgepof.
Christa het die hele reeks silwer messegoed uitgepak en subtiel verduidelik dat mens van buite af begin en binnetoe werk.(‘n Spesifieke stuk eetgereedskap vir elke unieke dis).
Die blomme het Una uit die tuin gepluk. Elke blom het sy eie storie!
Trommeltjies het troppe versierings uit Bali gebring,spesiaal om by die Kerstema te pas.
Toortsie het vir feestelike,geestelike agtergrondmusiek gesorg en al die lawwigheid het hulle lê gekry.
Positief en Woordnoot het die tafelgebed met beurtsang gelei en toe begin die groot etery.

Die Kerstafel KREUN ‘n genoeglike kreun onder die verbeeldingryke disse. Vir elkeen ‘n handuitgesoekte broodjie à la Tannie Frannie🥐🥖🥨🍞!Dit was die hors d’oeuvre.

Virgo C se petit plat was ‘n vitamienbelaaide fees vir die oog. Op ‘n klein okergeel bordjie het sy vir elkeen in identiese volgorde ‘n eierhouertjie vol romerige Griekse jogurt neergesit met ‘n sirkel vruggies wat wissel van groen na geel na oranje en rooi. Daar was sappige kiwiringetjies met spikkels swart, skuinsgekerfde piesangskywe, mandarynskyfies in gelid en aarbeie,kersies en bloedrooi repies pruime. Genoeg om enige conoisseur se palet te tintel van smaakverskeidenheid.

Scrapy hrt die skaapboud,kalkoen,ham en hoenderpastei en tunatert met glanskersies en kokhoedjies (vir dié met voetjies) versier.

Die bykosse is ‘n fees vir elke oog.

Maar die beste vir laaste is die ‘trifle’ waarin elkeen ‘n aandeel gehad het!
So stap hierdie spannetjie saam die pad deur mekaar se hart.  Ons deel verbeeldingsvlugte maar ook die realiteit en hierdie Kersete met sy bevestiging dat daar min dinge is wat kan kers vashou by KWALITEIT!

21 thoughts on “Goue Vroue Vonkel

Leave a comment