Goeie Genade!

https://fresh.inlinkz.com/party/1109950914194acc97921a784266b3ec

Dit is toe Danie,wat nie bekend is vir agressie nie,vir Kersvader aan die boud beetkry wat die Goue Vroue agterkom dat Kersvader NIE Kerfie is nie!

Daar spring ‘n spiraalveer uit die fopvader se boud en nou tol hy in die rondte. Sy vrolike “ho!ho!ho” verander in ‘n waansinnige “ha!ha!ha” en sy eens sagte blou oë brand bloedrooi in diep versonke oogkaste.  Sy bewegings raak al hoe meer rukkerig totdat hy in ‘n bondeltjie vere,moere en skroewe op die vloer inmekaar tuimel.

“Ek het gewéét hier is iewers ‘n skroef los!”, jubel Positief.

“Ja, maar wat nou van ons presente?”,vra Una.


“Daar is hoër prioritreite as dít”,roep Aalsie die verbysterde toeskouers tot besinning”,vra liewer waar is Kerfie!”

“Ja,dit wil ék ook graag weet”,knyp Woordnoot ‘n woord uit.

“Ons sal ‘n deeglike soektog moet doen”,kom dit van Toortsie wat haar soeklig daar en dan inspan en helder kolle lig van hoek tot kant rondswaai.

Trommeltjies trek al die kersklappers oop op soek na nog flitsies.Mens weet nooit nie.

Van rustigheid is daar g’n sprake nie.  Klappers raas en almal staan bont om die troeteldiere tot bedaring te bring.

Uit die verte kry Seppie tweede asem. Hy skud die damwater af en kom met ligte tred aangedraf.  Sy silhoëet slaan ‘n bonkige figuurtjie. Ai,dié Seppie. Hoe nader hy kom, hoe duideliker word dit dat hy iets op sy breë rug dra. Tannie Frannie sit haar verkyker op en verras almal toe ry uitroep,”Kerfie!”

Sowaar,Seppie het ‘n redelike bedremmelde Kerfie met ‘n sopnat geskenksak op sy rug!

“Jippieee!”,skree Una en Trommeltjies,Seegogga en die res en hardloop nader.

Virgo hou die gedoente op die Zoom-skakel dop en Christa lewer lopende kommentaar.
Nou is almal in die prentjie.

‘Kersvader’ was ‘n robot en Danie het hom vasgevang én stelselmatig laat inmekaarstort.

Seppie is die nat held van die oomblik en Kerfie word oorval deur ‘n groep liriese goue vroue.

Die diere rol hulle oë,skud hulle koppe en as jy hulle gedagtes kon lees,was dit,”Ai,die MENSDOM!”


5 thoughts on “Goeie Genade!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s