Reboot maak die rekenaar se kop skoon (en gradeer verouderde programme op. Dis selfs nodig by die installering van nuwe sagteware). Dis presies wat 2020 vir elke mens regoor die aardbol gedoen het. Ons is geforseer om ons dagboeke en kalenders en reminders te ignoreer want daar was nie ‘n manier dat ons kantoor – en sosiale afsprake kon realiseer nie.
Ons het opnuut die geleentheid gekry om die huislikheid van ons eie ruimtes te geniet, om ons huismense te waardeer, om meer aandag aan dit wat ons eet te gee.
Ons kinders – naby en ver – het in besorgdheid ons gebel en video’s van die kleinkinders aangestuur. Hulle het benadruk dat ons onsself mooi moet oppas! (In die verlede moes ons hulle bel).
Ons het ons besig gehou met ons eie dinge. Ek het kleurvolle babakombersies gebrei en met koeriers op Grabouw en in die Kaap laat aflewer.
Ek het selfs amigurumi Mickey Mouse poppies na George gekoerier met die oog op ‘n geleentheid Oostenryk toe maar dit het weggeraak!
Ons kon kwaliteit aandag aan my bejaarde pa gee. Dié van julle wat Tuesdays with Morrie gesien het,sal hiermee kan identifiseer.
Ons het nuwe tegnologie baasgeraak. Nuwe waagmoed aan die dag gelê om aanlyn- en virtuele vergaderings te hou. Nuwe rekenaar – en selfoonfunksies ontdek en die sukses van kreatiwiteit ervaar.
Ons het geleer lapmaskers maak en bedagsaamheid eerder as wetsgehoorsaamheid gerespekteer deur dit bloot te dra.
Ons het mekaar met inligting op hoogte gehou, fopnuus uitgewys en mekaar se lewens verryk met gedeelde sielsverrykende ervarings (of dit nou kerkdienste of studentekore of Italiaanse kantors op klein balkonnetjies was).
Ons het ons huise in orde gekry en toe begin uitreik na die res van ons gemeenskap…eetgoed en blomme vir mense in ouetehuise, sopkombuise, vermaaklike en opbouende videomateriaal van vergaderings soos dié van die radioklas, skeepswrakmuseum, VLV en Blomskool.
Selfs die borduurklas het mekaar met foto’s geïnspireer.
Maar vir mý was die realisering van my eie bloggemeesaamheid tot dusver die hoogtepunt van 2020.
Nie reboot nie maar opgradeer het gebeur. Hernu en verbeter. Daardie latente kunste het kans gekry om uit te kom en oop te kom.
LikeLiked by 1 person
Jip.
LikeLiked by 1 person
Genade tog, ek het ‘n paar kunstige vriendinne!
LikeLiked by 1 person
Op 60 gaan al die ou vaardighede vir jou oop.
LikeLiked by 1 person
Ek het dit nooit gehad nie. Het wel met aartappels drukwerk gedoen, my eie stensils vir verfwerk gemaak.
LikeLiked by 1 person
Dink aan my.Ek leer vandag (en môre) teken🙃.
LikeLiked by 1 person
Ek gaan beslis, maar ek dink nie jy het leer nodig nie?
LikeLiked by 1 person
Dit was nou lekker🖌
LikeLiked by 1 person
Ek het by die sleg van reboot vasgesteek, of nie? Las by myne in die kommentaar aan asseblief, ek hou van jou siening oor herstel of nie. Ek sien nie kans om 2020 oor te doen nie, dit was ‘n emosionele tyd van my lewe. En reboot vat te lank as die proses eers aan die gang is.
LikeLiked by 1 person
OK.Sjame,ja.Jy het onder moeilike omstandighede presteer.
LikeLiked by 1 person
Nee wat, ek kan ook byskryf as 2020 wel reboot word, is ‘n paar baie slegte besluite oor mense wat ek na aan my toegelaat het permanent uitgevee. Sonder ‘n nare nasmaak.
LikeLike
Opgradeer!
LikeLiked by 1 person
Hmmm, dit is waar, myne het nie altyd in die proses opgegradeer nie, net oor begin.
LikeLiked by 1 person
Ja,dis wanneer jy nuwe drywers laai wat jy moes reboot sodat dit kon inisialiseer.
LikeLiked by 1 person
Myne het soms sommer net self besluit dat dit nou hang en afgaan, dan moet ek oor begin.
LikeLike
Ai
LikeLiked by 1 person
Mooi dag vir jou. Ek hou van die opgradeer deel eerder as hang en oorbegin.
LikeLiked by 1 person
Jou druiwe! Jy is fantasties! Ja, ons hwt baie nuwe dinge geleer hierdie jaar. En jy was die voorloper met virtuele vlv-vergaderings. Letty-Ann, jy het regtig so baie geesdrif. Ek is bly jy is in my lewe.
LikeLiked by 1 person
Toortsie,dis jý wat my betrek het by blogging en spesifiek die kosbare vroue. Baie dankie daarvoor.Ek is bly jý is in my lewe.
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLiked by 1 person
Ek is baie bly jy is nou deel van ons bloggemeenskap, Letty-Ann.💖
LikeLike
Dankie,Una.😍🤩
LikeLike
So jy gaan ook nie reboot nie.
LikeLike
Grendeltyd het my ge-reboot!
LikeLike
Ek is juis ge-reboot!
LikeLike