http://fresh.inlinkz.com/party/2808199db9894254b848ffd032d39e8c
Ouma vertel verder…maar eers skuifel die drie kleingoed onder die wolkombersie in.
Vanaand vertel ek julle die storie van die sekelmaan.
Dit was oestyd in die Kaap. Die reën het verdwyn en die graan het kiertsregop, een langs die ander, in reguit rye op Boer se land gestaan.
Daar was nie elektrisiteit nie en die handlangers moes die graan met lang krom sekels afkap.
Dit was baie harde werk en die werkers het ge-oes vroegoggend,as die son sy kop lig, tot saans laat, as die son se kop agter die berg verdwyn.
En toe,een aand, gaan drink die een werker ‘n botteltjie water en toe hy terugkom by sy werksplek is sy sekel skoonveld!
Hy soek orals maar kry nêrens sy sekel nie. Almal help later soek en toe, skielik, roep een van die werkers hard uit,”Daar is dit! Dit hang nou daar bo in die donker hemel…dit lyk nes die maan!”
Die werkers het hulle sekels – almal behalwe die een in die maan- opgetel en gaan slaap.
Julle moet die maan elke aand mooi dophou. Eendag is eendag dan sien julle ook die sekelmaan.
Dankie.Ek dink nog uit!
LikeLike
Te dierbaar en die kleintjies glo wat Ouma vertel.
LikeLiked by 1 person
Letty-Ann, wat ń gawe om so stories te kan vertel!
LikeLike
Ai,dankie,Una,ek probeer maar iets nalaat vir my kleingoed.
LikeLike
ek stem saam. dit is die mooiste storietjie. ek hoop jy het nog.
LikeLiked by 1 person