Vuurhoutjies!

http://fresh.inlinkz.com/party/2808199db9894254b848ffd032d39e8c

Ouma se stories
Ouma het ‘n groen kombersie. ‘n Groen wolkombersie met genoeg plek vir haar oudste,haar middelste en haar kleinste kleinkindertjies.Hulle weet ook presies wie is die oudste, wie is die middelste en wie is die kleinste. Hulle lê dan ook so in ‘n ry onder ouma se kombersie terwyl sy vir hulle haar stories vertel.
Stories soos…eendag was daar ‘n groen kombersie. ‘n Kombersie wat lekker warm was in Struisbaai se koue wintermaande.
As die kaggelvuurtjie thst thst in die donker huisie, lê aldrie die kleinkinders styf teen mekaar onder ouma se groen kombersie.
Ouma vertel dan die storie van die vuurhoutjies. Daar was eendag ‘n hele boksie vuurhoutjies met die prentjie van ‘n langhaarleeu daarop. Binne in die boksie het die vuurhoutjies netjies in ‘n ry styf langs mekaar gelê en wag. Wag vir die dag dat die boksie se laai oopgly sodat hulle kan uitspring en hárd teen die swart sykant van die boksie hulle harde swart hoedjies kan skúúr. Só hard dat die blou vonkies in álle rigtings spat. Eers blou vonkies, dan ‘n lang geel vlam!

Dis hierdie vlam wat eers die kerse aansteek en dan die droë houtstompe op die vuur laat vlam vat. En as die vuurtjie eers lekker brand, word die vuurhoutjiemannetjies pikswart en klim hulle nooit weer terug in die vuurhoutjieboksie met die leeu se kop daarop nie. Hulle dans vrolik saam in die vlamme.
So bly die huisie en ouma se oudste,middelste en kleinste kleinkindertjies snoesig warm onder die groen kombersie.

10 thoughts on “Vuurhoutjies!

  1. Ek geniet dit baie, en oorweeg sedert jy die ouma stories so aanvra al om dit te doen. Het al begin. Oor ‘n foto van my kleinkind in persent wat ons lat aflewer het. Ek wag steeds vir daardie een. Dalk moet ek ook net self skryf. Afdelings ….

    Like

Leave a comment