2020: Die Fietsryer


Sy strompel vaak die trap af en dan sien sy dit. Die A4-papier met die groot hart en die woorde, “Elim pad. Het gaan fiets ry. 10 uur terug. ❤”
Sy prop haar pap selfoon by die kombuis in, maak ‘n lekker koppie koffie, gooi kitspap in haar reuse blou koppie en beweeg weer op, kamer toe.
Die nuutste Burger se blokkiesraaisel is maklik. Sy drink langsaam aan haar beker koffie, verorber die pap en dan hoor sy dit…haar selfoon lui!
Sy is té laat vir die oproep. Sien dis hý wat gebel het. Iets is fout. Sy bel vinnig terug.
“Waar is jy? Het  jy ‘n pap wiel? Het jy geval? Het jy seer gekry? Is jy by die hospitaal?!”
Sy hoor ‘n lui glimlag in sy stem.
“Kom laai my op. Ry met die bakkie. Ek is by die polisiestasie.”
Haar hart klop rustiger. Hy het geval,ja, maar dit klink darem nie ernstig nie.Nie hiérdie keer nie.
By die polisiestasie sien sy sy fiets…ongedeerd. Dan sien sy hom, ook relatief ongedeerd.Net ‘n paar bloedspatsels waar sy elmboog teen sy helder geel reënbaadjie skaaf.
Daar sit ‘n vrou by hom en sy vertel breedvoerig wat gebeur het. En dan sê sy,
“Wat my pla is dat hy nie kan onthou hoe hy hier gekom het nie.”
Ek laai hom en sy fiets in die bakkie en ry reguit Ongevalle toe.
Die dokter kan hom eers oor ‘n uur sien. Intussen hou ek hom fyn dop en regop.
Natuurlik dink hy die bohaai is onnodig, maar eers nadat sy dokter hom deeglik ondersoek het kan ek ontspan.
Ons ry na die plek waar die kar hom getref het en tel die reep spons op wat heelagter,heelonder sy fietsryhelmet afgebreek het.
Ek steek ‘n lang preek af oppad huistoe, gooi sy klere in die wasmasjien en hou hom met ‘n wakende oog dop terwyl hy lustig stort.

15 thoughts on “2020: Die Fietsryer

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s