Kerneels was ‘n kruis tussen ‘n Keeshond en ‘n Skaaphond. Sy voorkoms was suiwer Kees en sy geaardheid beslis Skaap. Hy was ‘n uitstekende afskrikmiddel as hy soos ‘n groot swart leeu op die voordeurtrap lê. Snags was sy lêplek reg voor ons kamerdeure. (Dubbeldeure na buite.)
Hy was mal oor aandag, maar genoeg was genoeg. ‘n Mens moes weet wanneer om op te hou met borsel anders het hy begin grom. Die gevolg was dat hy meestal redelik verslons rondgeloop het. Maar as hy die dag gebad en uitgekam was, was hy ‘n ware “black beauty”.
Soggens vroeg het hy sy draaie in die buurt gaan loop. Sy eerste stop was die voordeutrappies van Miss Mary. Hy het daar sy sigbare merk gelaat.
Deur die dag was hy relatief passief. Soveel so, dat een aanklopper hom boeglam geskrik het toe hy agterkom daar lê ‘n groot hond voor die deur.
Maar die ouderdom het Kerneels bekruip. Hy het al moeiliker die trappe uitgeklim en met moeite opgestaan as hy eers gaan lê het. Sy gehoor het ook drasties agteruit gegaan en ons vermoed sy oë het ook verswak.
Op die ou end is die groot besluit geneem. Kerneels moes veearts toe. Daar het almal Danie net een kyk gegee en besef hulle moenie lol met praatjies nie. Dit was tyd om van Kerneels afskeid te neem.
Ek het ons katjie laat slaapmaak. Het haar vasgehou tot die einde. Haar warm lyfie in die kombersie toegedraai en in die tuin begrawe. Die klip wat op die “graffie” was, is nou buite my woonsteldeur met klein vetplantjies bo-op.
LikeLike
Ja,Appeltjie,en die sentiment bly so behoue.
LikeLike
Ai, Aalsie, ons moes ook so van ons Nevan afskeid neem. Dit was nie lekker nie. Siberiese Husky.
LikeLike
Groot hond.Groot hart.Groot hartseer.Groot gaping.
LikeLiked by 1 person
Almal pas by my Nevan ook. Groot hartseer, groot dat ek so ‘n besluit moes neem. Ek sal nie weer kan nie.
LikeLike
Danie was veearts toe vir die uitsit.Hy het sommer openlik gehuil.Shame.
LikeLiked by 1 person
Ja, Letty-Anne, dit is nie lekker nie.
LikeLike