2003: Die Blou Trourok

Ek wou nog altyd anders gewees het en ek is ook!  Met my troudag het ek menige mense verwar toe ek in ‘n blou rok trou.  Dit was ook nie sommer so ‘n blou rok nie, dit was ‘n vlootblou enkellengte linnerok met ‘n kort kapmoutjie.  Blou is die kleur wat my die beste pas, so waarom dan nie?!

Met die instap in die kerk was daar ‘n feestelike atmosfeer.  By die kerksaal was daar reeds ’n miernes vir die jaarlikse kerkbasaar.  Die dominee het ingestem om ons eers te trou en dan die basaar in die kerksaal te gaan open.  Binne die kerk self was daar ‘n verrassende klomp mense ongeag die gebrek aan ‘n onthaal.  (Die kernfamilie is agterna Julian’s toe vir ontbyt.)

Dis by Julian’s wat die blou rok die meeste verwarring gesaai het.  Hulle het my tweelingsuster,wat in ‘n wit pakkie (my wit pakkie!) aangestap gekom het, geluk gewens met haar troue.  Dit kom daarvan as ‘n mens in blou trou.

Maar, as ek  so deur my troufoto’s blaai, is ek nie spyt nie.  Blou is my beste kleur.

14 thoughts on “2003: Die Blou Trourok

Leave a comment