2002: Mona Lisa

Kostuumjuwele en ekke was nooit maats nie.  Immers, so het ek gedink.  Totdat ek die Mona Lisa hangertjie gesien het.

Gewoonlik vang niemand my met gefotografeerde juwele in ‘n glanstydskrif of selfs in ‘n eksklusiewe katalogus nie.  Ek loop ook kringe om huispartytjies waar hulle kombuisgoed, parfuum of juwele verkoop.  Maar hierdie een was anders.

Dit was ‘n damesdag by die werk.  Ek moes die opening doen en het die stuk oor die goeie vrou wat beter as smaragde is voorlees.  Vrouens is lief vir daardie stuk…veral op vrouedag.

Met die damesdag was daar meer as koekies en tee.  Daar was ‘n uitstalling van Miglio juwele.  Die Mona Lisa hangertjie het dadelik my ook gevang en gevange gehou.  Ek moes dit eenvoudig aansit om die effek te sien.  Dit het bo verwagting goed gelyk, maar was, volgens verwagting, te nou om my nek.  Die uitstaller kon die teleurstelling op my gesig sien en het nader gestaan met die goeie nuus dat sy dit kan wegstuur en laat verleng volgens my behoefte (my dik nek!)

Daarna was die koëel deur die kerk en die Mona Lisa so goed soos permanent om my nek.  (En by baie spesiale geleenthede ook om die nek van ander geliefde familielede.)

Mona Lisa lê op die oomblik op Stellenbosch.  Sy sou heelwat stories van formele danse tot studentepret kan vertel, maar sy verkies om met haar vroom glimlaggie ‘n vlieg op die muur te wees.  ‘n Vlieg met ‘n skalkse glimlaggie wat haar binnepretjie verklap.

Gaan lees gerus hoe Mona Lisa, of soos die Franse na haar verwys, ‘La Joconde’, gesteel en teruggevind is.

Bonjour à tous. C’est vendredi, le 21 août…  Le jour où, en 1911, La Joconde est volée des murs du Louvre — et personne ne l’a remarqué avant le lendemain! Les soupçons initiaux sont tombés sur… tout le monde, des Allemands aux employés des musées, en passant par les artistes modernistes comme Picasso. Mais deux ans plus tard, elle a été retrouvée dans les mains d’un Italien qui voulait la restituer à ce qu’il croyait être son pays légitime… Voici les News in French d’aujourd’hui.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s