1996: Fietsryles

Anine word ses!  Dis tyd vir ‘n regte fiets en ‘n fietsryles.

Charl, teen hierdie tyd al nege, is gevaarlik rats op fietse, maar Anine was maar skrikkerig.  Die feit dat haar splinternuwe fietsie pienk was, was ‘n groot lokaas om tog op te klim en te ry.  Maar om haar eers daar bo te kry sodat sy op die saal bly was ‘n missie.  Ek het probeer en weer probeer, maar dis Charl wat dit reggekry het om haar te leer.

Hulle sê iets is “so maklik soos fietsry”.  Ek weet darem nie so mooi nie.  Ekself het met eindelose moeite die kuns bemeester, Anine het in my wankelrige voetspore gevolg, maar Charl?  Nou-ja, hy is met die goue pedaal aan die voet gebore.

2 thoughts on “1996: Fietsryles

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s