Wat as daar ‘n groot swart vleuelklavier met geelwit ivoorklawers in my ruim sitkamer op ‘n dieprooi persiese tapyt gestaan het en…
(Foto geleen)
elke keer wat ek op my klavierstoeltjie gaan sit en die bladmusiek oopvou word ek verplaas in die oomblik en tyd?
ek word die komponis wat sy eerste note uitprobeer totdat die melodie lyf kry en refreine opklink in sarsies na mekaar totdat die coda bereik word, die slot?
die kandelaar op die klavier begin flonker sodra dit skemer raak en ek verras luister na Lisa se klavier?
die voetpedale ritmies op en af beweeg terwyl die klavier vrye teuels gee aan die sonata?
die deksel vanself lig sodat elke nooit in die vleuel se binnebuik, wat na vars hout ruik, duidelik sigbaar is. Die klavier se ribbekas van piepkleinklankies tot diep bas heen en weer rimpels maak terwyl die stoeltjie kraak?
die ‘sugar plum fairies’ op maat van Tchaikovsky se ‘komposisie op en af dans in die kandelaar se glans en ‘le petit negro’ van Debussy op die kruise en molle baljaar?
die strykers van Strauss walse se skadu’s reflekteer teen die hoë muur?
die Hongaarse dansers in kleurvolle tradisionele mondering die vertrek vol hop en spring?
die traan oor my Pierrot skildery se wang rol as hy Chopin hoor speel?
Wat as!
Dankie,Goue Vroue! Julle inspireer my.
LikeLiked by 1 person
O wow Aalsie – ek het dit weer en weer gelees. Die musiek in my het sommer weer lewend geword.
LikeLiked by 1 person
Dankie,Appeltjie.Ons klavierlesse het gehelp.
LikeLiked by 1 person
Puik!
Op Wo., 19 Aug. 2020 9:16 AM het Letty-Ann se Ervarings geskryf:
> Letty-Ann posted: ” Wat as daar ‘n groot swart vleuelklavier met geelwit > ivoorklawers in my ruim sitkamer op ‘n dieprooi persiese tapyt gestaan het > en…elke keer wat ek op my klavierstoeltjie gaan dit en die bladmusiek > oopvou word ek verplaas in die oomblik en tyd?ek word ” >
LikeLike
Dankie,juffrou Joanie.XX
LikeLiked by 1 person
Jô dis mooi! Ek kom môre vir jou luister.
LikeLike
Ek sal Claude Debussy se stuk moet inoefen.
LikeLiked by 1 person
Jy sal moet! 😁👏🏻👏🏻👏🏻
LikeLiked by 1 person
OK
LikeLike
Pragtig!
LikeLike
Dis ‘n lekker wat as, Letty-Ann. Ek kan so lekker assosieer daarmee. Mooi geskryf!
LikeLike
Joh jy skryf mooi. Ek kan dit voel, sien, hoor en ruik. Briljant
LikeLiked by 1 person
Pragtig, Lettie-Ann. Dis ń baie, baie mooi droom.
LikeLiked by 1 person
Dankie,Una.
LikeLike
Ek kan nogal Claude Debussy se ingewikkelde Le Petit Négro op my ou swart klavier met sy goue kandelare speel…deesdae hakerig, maar tóg.
LikeLiked by 1 person
#flamenco
LikeLiked by 1 person
Dankie!!En dan het ons intussen boonop geleer flameco!
LikeLike
Dan het ons almal om jou klavier gedans op die ritme van die musiek…eeers walsend, dan samba en dan net daai lekker stadige vashoudans terwyl die musiek oor jou spoel en jy in’m ander wêre;d is! Dankie…jy wen die prys vir die eerste inskrywing. en nogal so mooi!
LikeLiked by 1 person