1990: La Croix du Sud

Dis ’n warboel op die lughawe.  Die busrit is ellendig.  Dis ironies dat die agterbuurt ’n toeris se eerste indrukke is. Gelukkig verander die toneel.  Die wit, sanderige kuslyn en die helder seegroen oseaan van Mauritius roep.  Palmbome steun verweerde hangmatte en ’n aantal toeriste beweeg op die strand van La Croix du Sud (Die Suiderkruis!).

Glasbodem bote kondig kleurvolle koraalriwwe aan en vir die langasems is daar ‘n  instrukteur vir skubaduiktegnieke. Die hoofaantrekkingskrag is egter die motorbootrit na ’n eiland.  Wat ‘n gesig!  Nog meer palmbome en grasdaksambrele langs die see, klein hout stellasies met kroegmanne in blomblaar uitrustings op die strand en ’n vlaag toeriste in die son.

Terug by die hotel wink die chalets.  Hotelkunstenaars doen ’n ritmiese segadans, baie soos die Vendas. ’n Handjievol Suid-Afrikaners deel, danksy Die Huisgenoot, in hierdie luukse.

Die jong pre-primêre juffrou, en ek trek aandag.  Veral die onderwyseres.  Sy het helder groen oë, ’n ligte gelaatskleur en ’n vol figuur.   Die toonbeeld van gesondheid.

Haar sagte, melodieuse stem,laat die manne swymel.   En as sy gesels lewe haar gesig.  Die ene onskuld, opregtheid en egtheid.  Dalk vandaar die aantrekking.

Ons is deel van ‘n groep Suid-Afrikaners.  Meestal meisies, almal enkel, en twee mans. 

Die twee vriendinne is ontnugter.  Mauritius is nie romanties nie.  Miskien by ’n ander hotel, met ander mense.  Ons het tot hierdie besef gekom die oomblik toe ’n ou omie ’n neerhalende aanmerking gemaak het oor ’n toplose modelletjie op die strand…op Afrikaans.  Die hele strand het gebrul van die lag!  Die ou oom was die toerleier van ’n ouetehuis uit Suid-Afrika wat op dieselfde advertensie as ons gereageer het.

Mauritius was nietemin ‘n ander land en die Europese toeriste wat die Suid-Afrikaners se pad gekruis het op ons besienswaardigheidstogte het die gevoel van oorsee-wees versterk.  Ons het ons skool Frans op die plaaslike toergids geoefen en ’n motor gehuur wat ons St Louis toe kon neem.

Die varsproduktemark in St Louis herinner baie aan die in Durban.  Baie geraas en handelaars en kleure en aromatiese geure met ’n tikkie Sjinese finesse daarby.  Ons het die haarkapperbordjie opgemerk en het ons hare met, nie minder nie, as sewe Franse vlegsels laat vleg.  Dit was vreemd mooi.  Nou het die kelners  Pauline se petite vriendinnetjie ook begin raaksien.

Ons is terug na La Crois du Sud om nog ‘n aand langs die dansvloer te sit en wag vir ons dansbeurt met ’n stokflou “Patrick”, die voordanser van die groep. Ons geniet die inheemse segadansvertoning.

 

Intussen het  ons  in Monumentpark gaan bly waar ek een oggend na kerk ’n bekende stem in die kafee gehoor het.  Ek kon die stem nie plaas nie.  Totdat ek die ouderling raaksien en besef, maar dis mos die ou oom wat almal op Mauritius se strand histeries aan die lag gehad het oor sy gevatte aanmerking oor die toplose model!

“Never a dull moment!”

12 thoughts on “1990: La Croix du Sud

  1. Ha-ha!
    Op Di., 18 Aug. 2020 5:17 PM het Letty-Ann se Ervarings geskryf:
    > Letty-Ann posted: ” Dis ’n warboel op die lughawe. Die busrit is > ellendig. Dis ironies dat die agterbuurt ’n toeris se eerste indrukke is. > Gelukkig verander die toneel. Die wit, sanderige kuslyn en die helder > seegroen oseaan van Mauritius roep. Palmbome steun verwee” >

    Like

  2. Dis baie interessant om sulke “onskuldige” aanmerkings te verstaan en dan te reageer. 1974 toer ek in Europa met n groep Suid Afrikaners. Dis toe ons nie die toplose meisies in SA gehad het nie. Die aanmerkings van die manne in die bus was fasinerend. Ou ooms se vrouens moes hul goed in die bek ruk want ons was n groepie jong ongetroude dames wat ook deel was van die groep.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s