1989: Something old…

Foto geleen.

“Something old, something new, something  borrowed, something blue”.  Dit was drie ragfyn goue kettinkies met ‘n groepie miniatuur sjampanjekleur pêreltjies deurgeryg.   Mamma se pêrels.  Haar troufoto’s dateer uit die 50gerjare. ‘n Wit volvloerrok met laag op laag kant en die lieflike pêrelketting-hangertjie om die hals.  Sy was baie sentimenteel oor die hangertjie.

Sy het besluit om die sentimentele hangertjie vir my te gee. Deel van my trou-uitrusting, want, soos die tradisionele refrein gaan, die bruid moet , “something old, something new, something borrowed, something blue” dra.

Ek was baie dankbaar oor die ou hangertjie en het later jare heelwat dra daaruit gekry.  Eers net op glansaande…daarvan het die Vloot baie gehad.  Later kerktoe en veel later sommer fliek toe.

‘n Mens moet nooit te mak raak met erfgoed nie.  Dis dan wanneer erfgoed swerfgoed raak.  So was dit ook met die hangertjie.

Ons het een aand as ‘n groep enkellopende vriendinne gaan fliek.  Ek onthou nog hoe ek die hangertjie om my nek gevoel het met die ete voor die fliek.  Ek onthou ook hoe ek al hoe dieper in my teaterstoel weggesak het tydens die vertoning.

Wat ek die beste van allles onthou is die ontnugtering toe ek die aand die hangertjie wou bêre en agterkom dis weg!   Ek het die teatergroep gebel en  verduidelik hoe die kettinkie lyk.  Die skoonmakers sou die volgende oggend in en om ons sitplekke gaan soek.  Ek self het die volgende middag na werk in en om die sitplekke gaan soek, maar die hangertjie was weg.

Ek was selfs by die plek waar ons vooraf geëet het, maar daar was geen teken van ‘n goue ketting met pêrels nie.  Pêrels voor die sweine?  Is dit wat gebeur as mens dit wat jy na waarde ag weggee/weggooi?!

Ek (en Mamma) het intussen vrede gemaak met die verlies en bewonder maar die hangertjie op ons troufoto’s.

5 thoughts on “1989: Something old…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s