1989: “Ek kén jou!”

Foto geleen.

Linda se storie.

‘n Moeë ma van twee gee moeisaam die stryd gewonne en val teen ‘n slakkepas agter die skare in die Goue Akker in.  Dis spitsuur.  Die treine het so pas gestop en massas voetgangers stroom kruis en dwars die winkelsentrum binne.  Sy is verstrengel tussen wildvreemdes.  Dis elke dag se vaal roetine.

Dan flikker sy skielik op. Trek haar skouers vierkantig en fokus op die enkele bekende wat voor die koffiewinkel aarsel.  Sy skud haar eie twyfel af en loop reguit na haar toe.  In haar ywer stamp sy ‘n paar winkelpoppe om wat voor ‘n winkel staan.  Dan is hulle bymekaar.  Sy en die bekende onbekende.  Maar waar het sy haar laas gesien?  Sy kén haar, maar hòé?

“Ekskuus tog, maar ek ken jou!  Was jy nie by Little Company of Mary in die 80’s nie?  Of dalk in Hendrik Verwoerd in die laat 70’s?  Jou man werk nie dalk ook by Telkom nie?  Of sing ons dalk saam in Vishoek se kerkkoor?”

Die ander vrou skud ontkennend haar kop.

“Maar ek weet ek kén jou!  Jou naam het my vir die oomblik ontgaan…

Ek hét dit.  Jy lyk nés Laurika Rauch!”

Deur al die vrae heen kyk die bekende vreemdeling haar geamuseerd aan.  Sy beduie wyd na ‘n tafeltjie en die twee gaan sit.  Sy het tot dusver nie ‘n woord gesê nie.

Dan kom dit spontaan.

“Ek is Laurika Rauch.  Ai, dis so lekker om iemand raak te loop wat my soos ‘n ou vriendin laat voel.    Kom ons drink tee.”

13 thoughts on “1989: “Ek kén jou!”

  1. Ek het die storie geniet.
    Op Ma., 17 Aug. 2020 12:41 PM het Letty-Ann se Ervarings geskryf:
    > Letty-Ann posted: ” Foto geleen. Linda se storie. ‘n Moeë ma van twee gee > moeisaam die stryd gewonne en val teen ‘n slakkepas agter die skare in die > Goue Akker in. Dis spitsuur. Die treine het so pas gestop en massas > voetgangers stroom kruis en dwars d” >

    Like

      • Ek en ons almal wat hom geken het was baie lief vir hom gewees. Hy was nog n beginner onderwyser wat ook net met sy sangloopbaan begin het. Sy eerste liedjie oor die radio was Annatjie Voortrekker nooientjie! Ons het almal die aand geluister. Daarna het hy in die mannekoor gesing by die inhuldiging van staatspresident Blackie Swart. Ai dis lekker onthou.

        Like

Leave a comment