Alice in Wonderland. Foto geleen.
Dis donker en koud en nat en my klein patroon staan met ‘n breë glimlag haar verjaarsdagkoek op die parkeerterrein voor die kleuterskool en vashou. Ek staan stil en fokus met my mik-en-druk kamera. Sy het haar bloedrooi katoenrok met die wit valletjiesvoorskoot aan en lyk soos ‘n verwese Alice in Wonderland, want haar voortandjies is oortrek met bruin gaatjies waar die soet, swart rooibostee en antibiotika hulle spore gelaat het.
Haar verjaarsdagkoek is nie eens ‘n koek nie. Dis ‘n sakvol blink lekkers wat opgestapel is op ‘n ronde geel plastiekskinkbord en met groen selofaan en ‘n groot wit bloemistestrik vasgebind is.
Ek kan huil, want ek weet nie eens of my kar gaan vat as ek hier wegry kantoor toe nie, maar sy is gelukkig en dis al wat tel op hierdie – haar derde verjaarsdag.
Jy kan my prentjie kry. Ja,de laaste pond vleis sal mens vir jou kind gee.
LikeLike
Ek wil jou prentjie steel asb. Ek ken daai gevoel van jou laaste bietjie vir jou kind gee en jouself 9en kar) verwaarloos. Ek is seker dat sy elke keer dat jy dit gedoen het onthou, dalk nie die presiese gebeure nie, maar die geluk wat sy ervaar het
LikeLike