Handgeklap op Barselonastasie

https://fresh.inlinkz.com/party/2bf73617bd9249a48498418c9d7134f3?visitor

Hierdie hoofstuk vorm deel van die Towerinne se avonture. Ons is die hoofkarakters in ons eie vervolgverhale (natuurlik) en ons fantasie stories is vir ander ondenkbaar, ondoenbaar en  onverklaarbaar. 
As jy die verhaal wil volg, moet jy op die onderstaande skakel kliek om die hoofstukke te lees. Na myne sal daar gereeld nuwe hoofstukke bygevoeg word. Totdat ‘n ander fantasie ons aandag vereis. Dan begin ‘n nuwe vervolgverhaal, ek bedoel avontuur.Lees die ander bloggers se bydraes by ons InLinkz-skakel https://fresh.inlinkz.com/party/2bf73617bd9249a48498418c9d7134f
https://fresh.inlinkz.com/party/935a80f8f1d64f4f8f4a491bb1abb030

Hester kies koers stasie toe. Ons moet uitvind op watter platform ons trein vanaand van Barselona na Madrid vertrek.
Una, ons mees ervare reisiger,stap reguit inligtingsbord toe. Ons wil nie klokslag middernag op die stasie agterbly nie. Hier in Europa vertrek die treine stiptelik.
Scrapy dink onwillekeurig aan dié keer wat sy haar derde kleinkind in ‘n lapsak teen die skuifraam van die trein moes ophys. Sy het hom ampertjies op die perron vergeet. Sjoe! Geen lapsak sal ‘n towerin kan dra nie.
Kameel kyk die spoorlyn op en af. Sy het iewers gelees van die Spanjaarde wat nie kan stilsit nie en dan hoor ons dit.


Toortsie volg die ritmiese handegeklap met entoesiasme en dan gewaar ons hulle.
Perdebytjie is alreeds besig om met haar kameralens in te zoom op die groepie seuns wat met swaaiende bene op die rand van die perron sit en handeklap.
Tannie Frannie kom ook nou grasieus nader.
Positief sien die ou man eerste raak. Hy is lank met benerige hande wat hy op ‘n magdom verskillende maniere inspan om die mooiste, ritmiese klanke te maak. Die spul seuntjies volg elke beweging na.
VirgoC lag uitbundig en moedig hulle aan.
Seegogga noem die klapstyl op sy naam – ‘Palmas’- en ons moet net keer of Bondels klap saam.
Trommeltjies hou die gedoente stilweg dop en
Woordnoot leef haar in hierdie intense oomblik in. Vuurvliegie begin Lekkervurig haar heupe wieg.
Sonell val ook in dat die hare swaai, maar verbeel ek my of is dit sowaar trane wat oor Appeltjie se rooi wange loop? Sy mis natuurlik vir Neef!
Aalsie google die handtegnieke en kom op die volgende af:

Palmas is a handclapping style which plays an essential role in Flamenco music. It used to help punctuate and accentuate the song and dance. Good palmas can be a substitute for music, such as in the corrillo at the end of a show. Wikipedia

Handgeklap aksensueer sang en flamenco danse.

6 thoughts on “Handgeklap op Barselonastasie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s