http://fresh.inlinkz.com/party/2808199db9894254b848ffd032d39e8c
Ons het jare lank gewag vir die kleinding om haar opwagting te maak, maande lank gewag voor ons haar kon sien en toe kom die aand se oorslaap wat, BONUS, vier aande geword het want Eskom en swak munisipale beheer oor watertoevoer hét sy meriete.
Die kleintjie het hier by ons vier maande oud geword. Haar ogies volg almal en as sy jou het, kyk sy jou stip aan. Sy weet nog niks van inkennigheid nie en hang maklik van die een paar arms na die volgende.
Natuurlik kan sy nog nie ‘n woord sê nie, maar sy papegaai “hallo” met haar hees stemmetjie en dan volg die breë glimlag. Lekker responsief.
Die huis was die ene sakke en doeke en monitors, maar nou is die gesinnetjie oppad terug. Eers ‘n Canola- brood met saadjies by Dassiesfontein optel dan rustig al die pad tot in die Kaap.
Dit was nou lekker!
ek verstaan so goed hoe jy voel. My kleinkind en haar ouers het vir 3 maande by ons gebly tydens lockdown. Dit het gevoel my hart skeur toe ons hulle die dag teruggeneem het.
LikeLike
Hulle kruip onmiddellik in mens se hart in.X
LikeLike
You replied to this comment.
LikeLike
JA!
LikeLike
Dankie,Una.So ‘n kleinkind laat ‘n lekker warm gloed agter.
LikeLike
Jou skrtwe oor haar is pragtig, Aalsie.
LikeLike