Die eerste moeilike woord wat Charl kon sê was “ko-to-dil” vir krokodil (hy het ‘n kleuterprenteboek van ‘n krokodil gehad.)
Dit laat my dink aan die keer toe Annette saam met ons deur die Etosha wildtuin gery het en opgewonde na ‘n “zee-bja” beduie het.
Die eerste sin wat ek van Charl onthou is:”Pappa tee hê?” Ek kon die klein krulkop opvreet!”
Annette weer het na wasgoedpennetjies as “knypers” verwys.
Annette en Charl was die eerste twee kleinkinders aan ons kant van die familie. Daarna het die res gevolg.
Met die eerstes merk jy mos alles op, maar later raak jy blasé.
Van Derik kan ek wel onthou dat hy altyd “Koeddank” wou hê as hy dors was. Anine het laggend opgestaan as sy so maklik neer kon slaan met ”Amper val ek nou!”
En Dana? Die ander kleintjies was onthuts as hy lelike woorde agtermekaar afrits en sy ma doodluiters reageer met “Hy oefen maar net sy woordjies!”
Ek het hierdie blog met al die betrokke kleuters ( wat meestal nou sélf ouers is van kleuters) gedeel en elkeen het nog iets gehad om by te las. Hulle onthou veràl wat hulle ouma hulle geleer het.
LikeLike
Ons het ook van wasgoed knypertjies gepraat wat van die Hollandse kant kom. Ek onthou nog goed my seun kon eers nie w sê nie hy’t van Bolke(wolke) en die Bolf(wolf) gepraat. Bea my kleindogter is besig met Baba Black sheep. Ons het verlede naweek dit oor en oor gesing toe ek haar opgepas het. Sy onthou net hier en daar woorde en sing sommer ander woorde tussenin. Sy beduie ook nes ouma met haar vinger “öne for the farmer” dan weer “One for the dame” en dan weet sy net dis iemand “down the lane” Te kostelik.
LikeLike
Dankie!
LikeLike
So mooi geskryf, Letty-Ann.
LikeLike