1987: Pienk Marshmallow

Die dokter met die groot handskoene het die koord sonder ‘n woord om  die babakoppie losgedraai en binne sekondes het die pienk bondeltjie gekraai.

“Pienk Marshmallow”, het die naamkaartjie gesê.  Die mooiste, ongeskonde, sagte, pienk dogtertjie…Anine.

Hierdie storie hoor sy tot vervelens toe.  Elke jaar as sy verjaar.  Die sagtheid is vandag nog daar.

Met haar sin in tale en ‘n fyn oor, skitter sy in spraak-en gehoorterapie.

Op 3 Mei 2014, twee dae voor haar verjaarsdag, het haar groot dag aangebreek.  Dit was Nico, die Namibiër, se voorrreg om haar trouring aan te sit.  Ek wonder nou nog watter een het die breedste geglimlag….die Langbeenmeisie of die Langerbeenman!

Die klein kerkie was vol klank en kruietakkies en kerse en trougaste  op lae houtbankies.  Dit was ‘n lieflike seremonie.  Minder glans en meer glorie.

By die plaasskuur was Kleinplasie ‘n fees van liggies en jong paartjies met blink gesiggies, familie, vriende, neefs en niggies.

Udo, die musikant,  Anneke en Charl het die gaste met ysbrekers in die binnehof besig gehou en toe kom Meneer en Mevrou vrolik aangestap en die fees kon begin.

Joanie en Kobus,die pastoriepaar,  was ewe tuis op die dansvloer as in die kerk!  Die vyf strooijonkers (of was dit sewe?) het die jong meisies laat tiekiedraai en die chef het ons verras met ‘n smaaklike ete.

Anine was in haar element.  In die middel van die vertrek en nie vir ‘n oomblik stil nie.  My pienk marshmallow is nou ‘n “jazz poppie!”

Die dag het te gou omgegaan.  Die volgende môre was al die familie weer op Kleinplasie…om op te ruim.  Almal effe bleek van al die rinkink, maar ywerig om alles weer op sy plek te kry…ja-nee, die bruid se instruksielysie was by.

Anine kan organiseer.  Ek wonder by wie het sy dit geleer?!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s