1987: Anine se Doop en Touknoop

Daar is ‘n geskarrel in die huis.  Dis Doop.  Anine se doop.  Almal koer en kraai oor die kleintjie en in die agtergrond is twee nefies druk besig om ‘m probleem te ontrafel.  Tou is wat nou kortkom.  Maar waar om nou tou te kry?

Die oudste nefie dink flink en reken dat wol ook sal werk.

Die 3-jarige pikkie pyl reguit op sy ouma se breisak af en die twee mannetjies is in druk gesprek terwyl Ouma salig onbewus is van die feit dat haar breiwerk in gedrang is.

Iewers in ‘n hoek staan Oupa met sy video kamera.  Hy glimlag skalks en neem die situasie fyn waar.  Sy lens gly geleidelik van die een toneel na die volgende.

Na afloop van die doop en vele kere daarna sit die familie na die video van die doop van die pragtige pienkerige babadogtertjie in die familiedooprokkie en kyk.  Salig onbewus van al die bedrywigheid in die huis, lê Anine rustig in haar mamma se arms en slaap.

Rondom hulle drom die tannies saam en klets terwyl fyn teekoppies uitgestal word op ‘n geborduurde tafeldoek.  Nie lank nie of teelepels en koekvurkies klingel in die agtergrond.

Die ooms pluis, al kouende, die land se ekonomiese probleme uit en op die sitkamermat sit twee klein seuntjies Ouma se breiwol en uitpluis.  Twee voorskoolse nefies.   Die ene konsentrasie.  Hulle is besig om ‘n bloedrooi korporasietrekker aan ‘n bloedrooi korporasiesleepwa vas te knoop…met Ouma se geriffelde breiwol!

1 thought on “1987: Anine se Doop en Touknoop

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s