1986: Choeghoe

II

In die middel 70’s was daar ‘n opspraakwekkende skêrmoord op die Kaapse skiereiland.  Die koerante was vol daarvan.  ‘n Vrou het ‘n man van die Kaapse Vlakte gehuur om haar ontroue minnaar met ‘n skerp skêr dood te steek.

In Julie 1974 het Lehnberg vir Choegoe genader om mev Van der Linde dood te maak. Sy het verskillende beloftes aan Choegoe gemaak: geld, ‘n motor, selfs ‘n huis en seks. ‘n Paar maal het Choegoe uit sy eie na die Van der Lindes se huis gegaan en een keer het Lehnberg hom naby die huis afgelaai met ‘n hamer om haar minnaar se vrou dood te slaan, maar hy kon nie tot die daad oorgaan nie. Uiteindelik, op daardie noodlottige oggend in November 1974, is die twee wéér na die oorledene se huis, waar Lehnberg vir Choegoe in die huis ingelei het. Sy het mev Van der Linde met ‘n harde voorwerp, waarskynlik ‘n pistool, in die gesig geslaan en terwyl sy op die grond gelê het, is sy sewe steke met ‘n skêr in die linkerbors toegedien waarvan vier die hart ingedring het. Die skêr is deur Lehnberg aan Choegoe oorhandig.

Lehnberg en Choegoe is albei deur die hooggeregshof in Kaapstad aan moord skuldig bevind. Die hof het bevind dat daar geen versagtende omstandighede was nie en albei is ter dood veroordeel. Teen dié vonnis het albei geappelleer en op 23 Julie 1975 het die appèlhof, by monde van hoofregter Rumpf, sy uitspraak[i] gelewer.  https://www.litnet.co.za/marlene-lehnberg-die-skermoordenaar/

In daai tyd het Mamma met haar Voortrekkerspan, ‘n handvol laerskool seuns, kom kuier.

Dit was Vlootregatta in Durban en die Suid-Afrikaanse Vloot het getooide vaartuie met diplomatiese bemanningslede vir openbare besigtiging in die handelshawe uitgestal.

Mamma en al sewe Rooikatte het by ons geslaap die langnaweek – om die Vlootuitstalling te sien.  Charl, ‘n woelwater van twee, was ‘n rakker wat, te midde van al die aandag, soos ‘n skaduweetjie agter my aangestap het.

Die Saterdagoggend was ons almal, behalwe Mamma wat nog ‘n paar krullers uitgehaal het, reg om hawe toe te ry.  Charl is saam met die span Rooikatte op straat toe om die motorhek vir my oop te hou.  Ek moes die goue stasiewa behoorlik rew om die skuins bult uit te tru.

Met die gedreun van die enjin storm Charl af kar toe en gelukkig besef Mamma dis presies wat sou gebeur, want net toe skree sy “STOP!”

Ek het net betyds gestop.  Ons was almal wasbleek geskrik.  Dankie tog ek het dadelik, toe ek “stop” hoor, die briek getrap.

Net toe kom die onverwagse ysbreker…

“Tannie, wie is Choeghoe?”

Ek begin nog onbeholpe verduidelik van die huurmoordenaar en die skêr, toe sê hy “nee, op Charl se kamerdeur staan CHUGO.”

Ek en Mamma bars toe uit van die lag.

“Maar dis Charl…C.Hugo!”

Dit was in alle opsigte ‘n onvergeetlike naweek.

2 thoughts on “1986: Choeghoe

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s