1985: My Mabé’s is weg!

Dag in en dag uit het ek my Mabé’s gedra.  Ek het my Mabé oorbelle as jong meisie by Pa-hulle gekry en leef behoorlik daarin.  My egte Mabé’s was soos ‘n logo.  Dit was ek.

Elke aand het ek dit sorgvuldig afgehaal en op my bedkassie neergesit en elke oggend het ek dit, eerste ding, weer in my ore gesit.  Dit was al ‘n ritueel.

Tot die oggend wat ek slaperig oor die bedkassie voel en geen oorbelle voel nie.  Dis weg.   My MABé’S is weg!!

Ek het benoud begin soek en sonder ophou gebid.

Wie kon dit gevat het?  Die antwoord het met sy twee bruin kraalogies my in die gesig gestaar.  Charl!  Maar hy was te klein om te help.  Hy het so pas begin kruip en alles waarop hy sy twee vuisies kon lê is mond toe.  My Mabé’s!!!

Ek het die logiese ding gedoen.  Ek het myself in Charl se “skoene” geplaas en elke vertrek en voorwerp op kruipvlak omgedop op soek na my Mabé’s.  En ek het hulle gekry…binne in ‘n klein koper kruikie op die vloer voor die musiekkamer se kaggel het iets geraas toe ek dit skud.  Charl het met net soveel verwagting as ek die proses gade geslaan.

En daar rol my twee Mabé oorbelletjies uit.  Albei nog net soos ek dit die vorige aand met hulle agterstelletjies op my bedkassie neergesit het.

Van daar af slaap ek met my Mabé’s.

Lees meer oor hierdie tipe pêrels op…

https://www.ross-simons.com/education/gemstones/mabe-pearls.html

4 thoughts on “1985: My Mabé’s is weg!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s