1981: Ouma se Ringe

Ouma was lief vir krale.  Nie dat haar krale veel werd was nie.  Inteendeel; so graag as wat ons as kinders in ouma se koekblik met haar krale ingevaar het, so min het ons as volwassenes na haar dood in enige an haar krale belang gestel.

Wat ons wel geroer het, was haar ringe.  Sy het net twee ringe gehad wat iets werd was…haar verloofring en haar robynring.

My oudste niggie het die robynring geërf en ek, haar naamgenoot, haar verloofring.

Die verloofring het beter dae geken.  Oorspronklik was daar drie diamante, maar een het uitgeval en die ander twee was van sentimentele waarde maar andersens nie veel werd nie.  Die een diamant het ‘n opvallende vlek gehad en die ander een het ‘n hewige stamp weg te oordeel aan die gebarste glas.  Verder was die ringetjie so weggeslyt dat dit ‘n risiko sou wees om dit te dra.

Maar sentiment is sentiment en ‘n naam is ‘n naam.  Ouma se verloofring is opgegradeer.  ‘n Derde gefletste diamantjie is ingesit en twee dun ringetjies weerskante van die oorspronklike pand het hom genoeg lyf gegee om ten minste ses jaar lank as trouring te dien.

Die “seven year itch” het ouma se “trouring” nie oorleef nie.  Kort voor lank was dit verander na ‘n pinkiering en dié lê vandag nog  iewers op die werf van Van Riebeeck se ou kasteel. Daar waar ek my hande loop en wring het van kommer oor Piet se terminale kanker. Dit het ongesiens van my pinkie afgeglip.  Ek het dit verloor.

7 thoughts on “1981: Ouma se Ringe

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s