Smoorverlief, verloof en saam met die familie op vakansie. As jy jou stert draai, is daar mense! Géén privaatheid nie.
Dis Desembermaand en die familieroetine word ongestoord voortgesit, maar hierdie jaar met die verskil dat ons verloofdes mag saamkom. (Al die jare Pa se voorwaarde. “Julle mag nie kêrels saambring op vakansie nie, behalwe as julle die dag verloof is.”)
Ietwat van ‘n omwenteling om met jou geliefde tussen die familie en vriende op St Michaels On Sea vakansie te hou. Dis Oupa en Ouma, Pa en Mamma, ons twee dogters en ons verloofdes. Dan is daar boon-op Pa se vennoot, oom Dirk Viljoen en sy gesin. Dit wemel van bekendes.
Selfs die vakansie het ‘n roetine van sy eie. Soggens vroeg word die koelbokse ingepak. Kouevleis, biltong, vrugte en vars toebroodjies. Die groot pompfles word vol aanmaakkoeldrank en ys gegooi want dit kan onuithoudbaar warm raak onder die sonsambreel. Dit was ook nie gewone aanmaakkoeldrank nie. Dit was ‘n kombinasie van Marakuja en Oros!
So boer almal heeldag saam. Tyd vir drukkies en soentjies is maar skaars en wanneer die geleentheid homself wel voordoen, kom die frustrerende refrein: “Nie nou nie!”
Wanneer is julle getroud?
LikeLike
In 1982.
LikeLiked by 1 person
Ons ook, Januarie.
LikeLike
Ons die 23ste Januarie!
LikeLiked by 1 person
Ons ‘n week later, die 30ste.
LikeLike
🤫 nie nou nie! 😆
LikeLike