1965 Rintie!

Ons was maar redelik verwese na Pappa se dood en toe Mamma die advertensie vir ‘n Fox Terrier hondjie raaklees, was dit soos ‘n antwoord op gebede.  ‘n Nuwe asempie in die huis is net wat die dokter bestel het!

Ons het in ons “mink and stone” Austen gery al die pad Strand toe, waar ons die hondjie, Rintie, by die ou Engelse weduweetannietjie gaan haal het.  Ons was absoluut in ekstase!

Daar is behoorlik pop gespeel met Rintie. Hy het gedweë saamgespeel as ons ons grootpoppe se klere vir hom aangetrek het.  Hy het selfs lustig aan die bierbotteltjie met die tiet gesuig.  Hy was ‘n lojale vriend.  As ons pak gekry het, het hy tussen ons en die plak ingewikkel sodat ons nie slae kry nie.  As ons fiets gery het, het hy agterna gebokspring.  As ons naweke na ouma Lettie in die Strand gery het, het hy halfpad agterna gehardloop.  En daar waar hy die Vrydagmiddag uitasem bly wag het by, wat nou bekend staan as “Die Volkskombuis”, het ons hom Sondagaand oppad terug opgetel.

En toe kom die droewige dag.  Die ou tannie kon weer haar hondjie akkommodeer en het gebel om te vra of ons asseblief vir Rintie kan teruggee.  Dit was ‘n hartseer tweeling wat die hondjie om die beurt vasgehou het al die pad Strand toe.  Ons moes maar moedig sluk toe Rintie en sy oorspronklike eienares weer versoen is.

Met leë hande en leë harte is ons terug Stellenbosch toe.  Rintie sou nog lank in ons gedagtes bly.  Sy taak is vervul.  Hy het twee verslae kinders weer hoop gegee.

2 thoughts on “1965 Rintie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s