Flamenco in Barselona!

Hierdie hoofstuk vorm deel van die Towerinne se avonture. Ons is die hoofkarakters in ons eie vervolgverhale (natuurlik) en ons fantasie stories is vir ander ondenkbaar, ondoenbaar en  onverklaarbaar. 
As jy die verhaal wil volg, moet jy op die onderstaande skakel kliek om die hoofstukke te lees. Na myne sal daar gereeld nuwe hoofstukke bygevoeg word. Totdat ‘n ander fantasie ons aandag vereis. Dan begin ‘n nuwe vervolgverhaal, ek bedoel avontuur.Lees die ander bloggers se bydraes by ons InLinkz-skakel https://fresh.inlinkz.com/party/2bf73617bd9249a48498418c9d7134f3

Vorige wedervaringe van die VVVTT kan hier gevind word:
https://fresh.inlinkz.com/party/935a80f8f1d64f4f8f4a491bb1abb030

Lees gerus https://wordpress.com/block-editor/post/aalsie.wordpress.com/114

Die VVVTT swiep oor die aardbol terug Barselona toe. Aalsie het belówe sy sal almal terugbring en nou het sy.  Elke bus wat die towerinne sien word met gefundeerde agterdog bejeën. Één daarvan het hulle immers met die “perilous drive up the narrow mountain road” in Andorra laat beland (op die ou end ‘n bedekte seën, maar nógtans).

Die towerinne kry lewe. “VIVA!”, haak een per ongeluk af en “OLÉ!!!” volg in golwe.

In die hotel in Barselona word die towerinne soos ou vriende verwelkom.  Ek meen, wie sal die petalje in die voorportaal vergeet? Sommer net daar by die hotel se Ontvangs, reël Aalsie vir ‘n huurmotor na daardie Spaanse restaurant waar Vuurvliegie haar so ingeleef het!

Ai, ek, sou my voortande gee om ‘n vlieg teen die muur te kon wees met dié towerinne by die Spaanse flamenco. Oe, daai sjarmante kitaarvirtuoos!  Maar, soos my ontnugterde tannie Magda sou sê,” Waat?  Jou voortande laat trek, en dít vir ‘n MAN?”Ek vryf ingedagte oor my 4 porselein voortande, net om seker te maak die sotlike gedagte skiet nie weer wortel nie.  Die eerste keer was uniek.  Nooit weer nie. Soos die Franse sê, “On ne  jamais oublier son premier amour.”  Oftewel, ‘Ou liefde roes nooit!’

“Maar dis dan Frans en ons is mos nou eintlik in Spanje”, sê Seegogga vol eerlike logika.

Ek dink onwillekeurig aan tannie Frannie se uitdrukking: “Quelle barbe!”(Letterlik vertaal ‘wat ‘n baard!’). Google vertalings het die geneigdheid om mens aan die neus te lei, maar moenie stres nie, julle, dit kom enigeen oor. Idiomaties beteken dit eintlik “WHAT A NUISANCE!” Ja-nee, dit bly nou eenmaal LASTIG as mense nie Engels kan verstaan nie.

“Si!” (‘n Voor-die-hand-liggende ‘ja’ in Spaans maar ook ‘n beklémtoonde ‘JA’ in Frans.)

“Olè!” (Onweerlegbaar Spaans vir pure lekkerkry!)

Nou terug in die hotel se voorportaal…lootjies word getrek (sommer met die plat vuurhoutjiedosies met die hotelnaam op). “Old habits die hard.”  Nou weet ons wie slaap by wie.

Ses stuks prop met bagasie et al die smal hysbakkie in.  Gelukkig is Google akkuraat met die vertaling van syfers van Spaans na Engels want in die hysbakkie is daar nie sprake van syfers nie, dis net ‘n señora se nasale stem wat elke vloer aankondig.  Daar is sewe vloere en die towerinne slaap vanaand verspreid.

Die hotelkamers lyk darem bekend ná ons vorige ervaring daar en die towerinne rig hulle slaapplek vinnig in. Eers  die hotelbrief  om wi-fi op die volgelaaide selfone te stoor.  Dit werk 100%.   Dan klere ophang, skoene uitstal , badkamersakkies uitpak , kosbaarhede sorgvuldig in die kaskluisie toesluit  en kajuittassies  horisontaal op die plat bankies aan die voetenent van die beddens…as húlle kon praat, sou hulle net een woordjie sug,”Poot-uit!”

Na ‘n heerlike warm stort en ‘n kitskoffietjie, ‘n ‘kragdut’ aan die koppenent van die moeë tasse. Dan kom Aalsie se boodskap. “OLÈ”, bliep die teks, “die taxi is hier. Kom gou af en “onthou julle paspoorte!”  Lyk verleidelik. Die virtuoos WAG.” Tien towerinne  pas nou in die hysbak.  Die res sit klaar in die taxi.  Die taxi is ‘n limousine!  In Barselona word dit vanaand in styl gedoen. In ‘n japtrap klouter ons, dié slag minder stylvol, uit die taxi en vra ons met onderdrukte uitbundigheid die restaurantman waar ons bespreekte tafel is.  Dié señor verstaan toeriste.  Hy glimlag wyd en begelei die groep Suid-Afrikaners  met fanfare direk na die voorste tafel toe.  Vanaand mis ons niks!

En toe gebeur dit.  Die klankmanne kom op die plankverhoog gestap.  Check dat alle mikrofone in plek is.  Die drie kroegstoeltjies word rondgeskuif. Die kitaarman en sangers kom op.  Nou vir die danseres met haar denkbeeldige kastanjette!

Die musiek is intens en die señoras leef elke sensuele klank in hulle passies uit, maar die skitterende spannetjie in die voorste gestoeltes het net oë vir die kitaarman met die ratsste vingers dán op die snare, dán op die kitaarbak. Klopdanse, kopbewegings, sensuele oë en suggestiewe rokvalle wat dan voluit swaai, dan bietjie vir bietjie al hoe hoër opgetrek word sodat die voet-en beenbewegings duideliker is. En dan kom die man met sy rooibroek aan die beurt…[ Gaan kyk gerus na die skakel se Best Flamenco I’ve seen op https://youtu.be/nbMDH3-IBqM]

Hierdie ritmiese bewegings en lieflike rokke is ‘n sigeunererflating. Die flamenco groepe toer van plek tot plek vir hulle vertonings en improviseer op maat van die handegeklap, sang en kitaarspel. Die voet-en handbewegings en die instinktiewe interpretasie is verstommend, maar die Towerinne by die voorste tafel is nou allesbehalwe stom. Hulle spring nou en dan op, klap hande, skree nou en dan “olè!”, skud hulle glansende hare los en rafel uit.

Nodeloos om te sê, oppad terug hotel toe en tot laat in die oggendure het die Towerinne elke denkbare passie uitprobeer!

Hierdie hoofstuk vorm deel van die Towerinne se avonture. Ons is die hoofkarakters in ons eie vervolgverhale (natuurlik) en ons fantasie stories is vir ander ondenkbaar, ondoenbaar en  onverklaarbaar. 
As jy die verhaal wil volg, moet jy op die onderstaande skakel kliek om die hoofstukke te lees. Na myne sal daar gereeld nuwe hoofstukke bygevoeg word. Totdat ‘n ander fantasie ons aandag vereis. Dan begin ‘n nuwe vervolgverhaal, ek bedoel avontuur.Lees die ander bloggers se bydraes by ons InLinkz-skakel https://fresh.inlinkz.com/party/2bf73617bd9249a48498418c9d7134f3

Vorige wedervaringe van die VVVTT kan hier gevind word:
https://fresh.inlinkz.com/party/935a80f8f1d64f4f8f4a491bb1abb030

14 thoughts on “Flamenco in Barselona!

  1. As daai manlike danser so diep in haar oë kyk, haar omswaai, haar rok draai, haar hakke klap en die kastanjette klapper……. dan raak mens se bloed sommer spaans. Sjoe, is dit nou menopouse wat mens so laat warmgloede kry?

    Like

  2. Ek het ook elke passie probeer, met die beddeken as rok enbdie mooi spaanse waaier wat ek vanoggend gekoop het. Ek het my verbeel my rok was net so mooi en rooi soos daardie pragtige danseres s’n. Maar vanoggen kla daar toe van die ander hotelinwoners. Hulle vertel my dat hulle niks kon slaap nie. Iemand het heelnag bokant hulle kop spasnse danse gedoen!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s