Torra de Barçelona

Hierdie hoofstuk vorm deel van die Towerinne se avonture. Ons is die hoofkarakters in ons eie vervolgverhale (natuurlik) en ons fantasie stories is vir ander ondenkbaar, ondoenbaar en  onverklaarbaar. 
As jy die verhaal wil volg, moet jy op die onderstaande skakel kliek om die hoofstukke te lees. Na myne sal daar gereeld nuwe hoofstukke bygevoeg word. Totdat ‘n ander fantasie ons aandag vereis. Dan begin ‘n nuwe vervolgverhaal, ek bedoel avontuur.Lees die ander bloggers se bydraes by ons InLinkz-skakel https://fresh.inlinkz.com/party/2bf73617bd9249a48498418c9d7134f
https://fresh.inlinkz.com/party/935a80f8f1d64f4f8f4a491bb1abb030

Lees ook:
https://fresh.inlinkz.com/party/935a80f8f1d64f4f8f4a491bb1abb030

Aalsie vryf die muntstuk blink. Kop of stert? Dis ‘n kans wat sy moet vat. Die muntstuk het die laaste sê. Die muntstuk vat hulle vandag na die uithoeke van Europa. Hulle land in ‘n luukse maar beknopte hotelkamertjie in Barselona.

Sowat die helfte van die towerinne besluit om ‘n bustoer deur Barselona aan te pak. Dis Desember, dis ysig en daar is sekerlik beter dinge om te doen as om in ‘n beknopte hotelkamer vasgekluister te sit. Aalsie soek vervaart na haar ‘Teach yourself Spanish’ Penguin-boek. Dis nêrens! Dit moes in Suid-Afrika agter gebly het. Ai, hoe koop mens buskaartjies vir ‘n dagtoer deur Barselona as jy nie Spaans kan praat nie?

Toortsie kry ‘n blink gedagte, “Kom ons probeer almal saam beduie wat ons wil hê. Dis mos toegevoegde waarde, dan nie?

Seegogga rol haar ogies en skraap ‘n paar Hollandse gedagtes bymekaar (net vir in geval).

Perdebytjie se ‘angels’ mag dalk net handig wees. Die rooitaal is immers internasionaal.

“Maar julle sal nog sien, mý skoolfrans sal ons uit enige verknorsing red”, kondig tannie Frannie met bravado aan.

“Onthou julle paspoorte!”, roep Positief voordat almal die pad vat.

Die res vorm ‘n dinkskrum.

Almal streep volgens die hotelman se aanwysings aan kaartjieskantoor toe. Interessant hoe naby die plek is. By die “i” (vir inligting) staan Aalsie met haar Amerikaanse dollers.

“Do you speak English?”, steek Perdebytjie voelers uit.

“Nô…hablas español?”, waag die señorita.

“Nô”, kom dit oortuigend van Aalsie.

“Parlez-vous français?”, gooi tannie Frannie haar stuiwer in.

“Nô.”

《Quelle barbe!》,spreek Tannie Frannie haar misnoë hardop uit. Niemand sal in elk geval weet wat sy sê nie.

Die towerinne is nou álles behalwe betower met Aalsie se gebrek aan Spaanse woorde. Sý wat spesiaal Spaanse aandklasse geloop het…drie weke lank!

Aalsie sit nou álles in en beduie met ses vingers in die lug, “Ses tickets en torra de Barçelona!”

“Si!”, en die kaartjieverkoper gee ses buskaartjies.

“Die kaartjies is nogal goedkoop”, merk Toortsie – wat ‘n sterk aanleg vir syfers het- op.

“Hoe lank vat so ‘n stadstoer?”, vra Seegogga en beduie in Hollands met woeste handgebare. Sy gooi sommer ‘n paar byklankies in, ingeval die Spanjaardin dalk nie snap nie.

“Tres horas”, kom die antwoord met drie vingers in die lug, net in geval Seegogga nie snap nie.

Nou vir die gewag…

Daar wag ‘n lang ry mense, maar die towerinne slaan nie juis ag nie. En toe, uiteindelik kom die bus! ‘n Onopgesmukte bus met verwaarloosde, verflenterde, vuil gordyntjies skommel tot stilstand en die passasiers klim gelate in.

Kan dít ‘n TOERBUS wees? Kan die passassiers TOERISTE wees?

Vir die eerste keer bekyk die ses Suid-Afrikaners die gehawende passasiers met hulle pakke bagasie, groentemandjies én lewende hawe!

“Maar dis dan almal Spanjaarde!”, sê tannie Frannie. Haar entoesiasme het al daar by die kaartjieskantoor ‘n dip gevat. Haar skoolfrans het toe nié gewerk nie.

Die towerinne kyk na mekaar en rol hulle oë. Wel, hulle hét die kaartjies gekoop en is nie van plan dat die simpel toerbus met die opvallende gepeupel hulle ontspoor nie. Hulle stap tot heel agter in die bus en gaan sit. Tannie Frannie rol dié keer háár oë en staar terug na die paar duiwe in hulle rottang piekniekmandjie op die heel agterste bagasierak.

Van ‘n toergids is daar g’n sprake nie. Daar is net ‘n kondukteur. Al waarin hý belangstel is of almal kaartjies het.

Na twee ure se niksseggende stadstoer begin Aalsie – met die geringste terugflitse van haar Spaanse teksboek en vingertaal- die eentalige kondukteur vra wanneer draai die bus terug. Die toer is mos net drie ure.

Die kondukteur het die begrip ‘3 ure’ gekliek, maar niks verder nie.

” ‘Monoglot’!” , dis Perdeby wat desperaat die rooitaal gooi.

Gelukkig kom ‘n jong Spanjaard tot die towerinne se redding. Hy kon Engels praat en Perdebytjie het haar kant gebring. Die antwoord op haar vrae was dat die bus nie omdraai nie. Die busrit van Barselona na Andorra duur drie ure.

Skielik snap die towerinne: “en torra de Barçelona” klink soos…

ANDORRA!

Andorra? Nou peper ál ses towerinne die gewillige Spanjaard wat verduidelik dat Andorra ‘n ski-oord in die Pireneesberge is, dat die bus eers die volgende oggend terugry Barselona toe en dat hy hoop hulle het paspoorte, want Andorra is ‘n onafhanklike staat onder heerskappy van Spanje sowel as Frankryk. (Sien verwysing onderaan artikel vir geloofwaardigheid)

Vyf Suid-Afrikaners klop Positief op die skouer. Was dit nie vir haar nie, het hulle paspoorte by die hotel bly lê.

Tannie Frannie kry nuwe lewe. As Andorra deur Frankryk ook regeer word, sal hulle mos Frans verstaan.

By die grenspos klim die doeanebeampte op die bus en stempel paspoorte. Andorra…wat sal die ander towerinne hiervan sê? Die plek is nie eens deel van die reisplan nie.

In Andorra is dit ‘n geskarrel om tandeborsels en ‘n wekker te koop voordat die winkels toemaak.

Gelukkig werk tannie Frannie se skoolfrans. Sy bespreek drie dubbelkamers by die naaste hotel en verneem dat die eerste bus terug na Barselona sewe uur die volgende oggend vertrek.

Die blote gedagte aan ‘n afdraende rit teen die smal bergpad af terug Barselona toe laat Aalsie se maag ruk, soveel so, dat sy al haar padkos uitkots.

Andorra is veronderstel om ‘n ski-oord te wees, maar al wat die towerinne kan sien is ‘n stikdonker nag.

Die enigste een wat die nag in Andorra geniet het was tannie Frannie, want hulle het haar skoolfrans verstaan.

By die hotel in Andorra kon Frannie die hotel in Barselona bel om die situasie te verduidelik en om die bekommerde hotelman te verseker dat die towerinne tienuur die volgende oggend sou kom uitboek want hulle het bespreekte kaartjies op die twaalfuur trein na Madrid gehad.

Soveel vir “en torra de Barçelona!”

Terug by die hotel in Barselona, wag ‘n angstige groepie towerinne (8 stuks) die toevallige reisigers in. Dit gons behoorlik in die voorportaal.

Vrae reën op die groepie neer.

“Waar was julle?”

“Hoekom kom julle nou eers terug?”

“Kon julle nie maar vroeër terugkom nie?”

“Hoekom antwoord nie één van julle ‘n selfoon nie?”

“Stadig, stadig nou, paai tannie Frannie. Ons was in Andorra! Dis ‘n lang storie, ons sal julle vanaand op die trein alles vertel maar wat het julle die hele tyd gedoen?”

“Ons het by ‘n taverna vasgehaak en die mooiste Spaanse danse en kitaarmusiek ervaar. Julle moes vir Una gesien het. Gelukkig het ons dit op video. Sy is die enigste een van ons towerinne wat wyn direk uit die wynsak gedrink het sonder om ‘n druppel te mors, te hoes of te stik”, klets kameel sonder ophou.

Sunelle stamp aan Una. “Mooi ou Una’tjie.”

“Waddehel”, kom dit kenmerkend van Hester.

Christa sê nie ‘n woord nie. Sy het haar hart op die virtuoos verloor.

VirgoC knip-oog en sê ondeund, “Wag, laat ek liewer my mond hou.”

Bondelsgedagtes se kop werk – soos altyd – oortyd. Sy weet nie waar om met die warboel emosies wat sy die afgelope vier-en-twintig uur ervaar het te begin nie. Angs en opwinding stoei vir eerste plek.

Vuurvliegie besluit die oomblik is reg vir ‘n flamenco. Sy gooi haar kop eenkant, steek haar hande in die lug en kap haar hakke in die voorportaal se dik matte in.

Scrapy skree uitbundig:”Olé!”

Die woord ‘Andorra’ het by Woordnoot vasgesteek. Vertel nou eers, wat behels Andorra?”

Gaan kyk hier… https://www.thoughtco.com/geography-of-andorra-1434331

28 thoughts on “Torra de Barçelona

  1. Bwahahaaa, uiteindelik het my stryd met Frans vrugte afgewerp! (Sou darem graag by die paartie in Barcelona ook wou gewees het – ons sal maar moet teruggaan!) Dankie Aalsie, dit was nou lekker.

    Like

  2. Jip…daai woord steek nou in my kop vas. Ek gaan nou eers uitvind wat dit beteken. Ek is bly julle het die bergaf trippie geniet, maar ons partytjie was ONS partytjie. Hare los, skoene uit, wynsak soos nagmaalwyn omgestuur en net daar bly ek nou stil. What happened in Bareclona se party, stays in Barcelona se party!. Welgedaan Aalsie.

    Liked by 1 person

  3. Ja, ge- flamingo het ons. Wys jou ook dat as jy nie n Taal kan praat of verstaan dat daar oomblikke opduik wat mens in situasies gooi wat nogal benoude oomblikke bring. Ek het in Rome n huweliksaansoek in Italliaans gehad net omdat ek twee woorde latyn uitgespreek het, haha. Ons beter oppas Vir die Spanjaarde. Ons wil nie towerinne hier agter laat nie.

    Like

  4. Ek was uiteindelik in Barcelona, jippee! En nogal wyn direk uit ń wynsak gedrink!
    Ek het defnitief saam met Vliegie die flamengo gedans, nie waar nie?

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s